Hekkie se gróót tree na Mexikostad

akkreditasie
TERUG VIR TAAIE: Hekkie Budler het weer ’n wêreldtitel in sy visier.
TERUG VIR TAAIE: Hekkie Budler het weer ’n wêreldtitel in sy visier.
Gallo Images

DIE gewilde Hekkie Budler gee op 25 Junie in Mexikostad sy eerste tree terug na die wêreldverhoog wanneer hy die WBA se junior vlieggewigkampioen, Elwin Soto, pak.

Budler se loopbaan het op 31 Desember 2018 tot ’n pynlike stilstand gekom toe die onoorwonne Hiroto Kyoguchi hom in Macoa tot oorgawe gedwing het.

Budler, wat selde op sy gemak gelyk het, het in die tiende ronde die handdoek ingegooi.

Vir sy duisende fans was dit ’n bitter pil.

Daarna het hy amper drie jaar lank van die toneel verdwyn voordat hy Jonathan Almacen in Mei verlede jaar in ’n opwarmgeveg in Johannesburg eenparig met punte geklop het.

Om nou in ’n uitdun-geveg om die wêreldtitel te boks nadat hy wéér 13 maande uit die kryt was, boesem min vertroue in.

Om nou boonop in die vreemde te gaan boks wys Budler het ’n steil bult om uit te klim.

Dit bly ’n raaisel waarom sy afrigter, Colin Nathan, hom drie jaar lank in watte toegedraai het ná sy nederlaag teen Kyoguchi.

Nathan het destyds talle van Son se navrae geïgnoreer.

Budler het tot dusver 33 van sy 37 gevegte gewen, terwyl Soto in 21 kragmetings 19 keer aan die wenkant was.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees