Gerda hol in Durban

akkreditasie
Gerda Steyn
Gerda Steyn
Rogan Ward

GERDA Steyn het bevestig sy gaan Sondag vir die Spar Grand Prix 10 km-wedloop in Durban aantree.

Dit is die tweede in die reeks van ses 10 km-wedlope vir vroue, nadat die eerste wedloop op 28 Mei in Gqeberha plaasgevind het.

Die eerste wedloop in die Baai was baie vinnig, met die eerste 11 langasems wat vinniger as 34 minute gehol het.

Die direkteur van die Durban-wedloop, Brad Glasspoole, verwag Sondag nog ’n vinnige wedloop.

“Die race is op seevlak, met die hoogste punt net nege meter,” het hy verduidelik.

“Dit is ’n ideale roete vir hardlopers wat in vorm is om rekords te breek.”

Die wedloop gaan in Battery Beach Road, buite die Kings Park-swembad, begin en eindig.

Dit is een van die min wedlope in Suid-Afrika wat op die pad eerder as in ’n stadion eindig.

Behalwe Steyn wat vroeër vanjaar die Two Oceans-ultramaraton-rekord in die Paas­naweek in Kaapstad verpletter het, gaan die 2019-Spar Grand Prix-wenner, die Namibiër Helalia Johannes van die Nedbank- atletiekklub, een van die groot gunstelinge wees.

Die 41-jarige Johannes het die vinnigste tyd deur ’n veteraan in Gqeberha gehardloop toe sy die wedloop in 31.53 minute gewen het.

Johannes het ook ’n wêreldrekord vir vroue ouer as 40 jaar in die Suid-Afrikaanse Halfmaraton Champs opgestel, met ’n tyd van 1 uur 7.49 minute.

Die Etiopiërs Tadu Nare en Selam Gebre, wat tweede en derde in Gqeberha geëindig het, gaan ook in Durban aantree.

Nare het die Spar Grand Prix in 2021 gewen.

Plaaslike hardlopers sluit Murray & Roberts se Tayla Kavanagh in, haar spanmaat, die 2018-Spar Grand Prix-wenner, Kesa Molotsane, en die driemalige wenner Ir­vette van Zyl (Nedbank).

Die opkomende ster Karabo Motsoeneng van Prestige College wat Suid-Afrika in Augustus in die Wêreld- o. 20-kampioenskappe gaan verteenwoordig, gaan ook in aksie wees.

Laaste

Die oorblywende wedlope in die reeks is op 16 Julie in Mbombela, 6 Augustus in Tshwane, 2 Oktober in Johannesburg, met die laaste wedloop wat op 23 Oktober in Kaapstad gaan plaasvind.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees