DIE Bellville-netbalklub se huurkontrak van die kompleks in Bellville is een van talle wat die City of Cape Town besig is om hersien.
Patricia van der Ross, mayco-lid vir community services and health, het bevestig dat bestaande huurkontrakte van sportfasiliteite, waaronder die Bellville-netbalbane, hersien gaan word.
Die bane is al ’n geruime tyd die onderwerp van ’n twis tussen die klub en die Cape Town Netball Federation.
“Die Stad is bewus van die uitdagings en regsgeskille wat verband hou met hierdie netbalfasiliteit,” het Van der Ross in reaksie gesê.
Haar kommentaar kom te midde van ’n e-pos wat per ongeluk in Son se besit beland het en waarin die klub ingelig word dat die huurooreenkoms deur die Stadsraad heroorweeg word.
Die Moederstad is ook gasheer vir 2023 se Netball World Cup en geen netbal-spesifieke stadion is vir die event opgerig nie. Die skouspel sal in die Cape Town International Convention Centre gehou word.
Die Bellville-kompleks, wat uit agt bane en ’n klubhuis met ’n saal bestaan, is lank reeds die onderwerp van dié geskil.
Daar heers al ’n geruime tyd groot onmin in Kaapse netbalkringe dat ’n klub die kompleks beheer en die moederliggaam, Cape Town Netball, by die klub moet aanklop om events daar te hou.
Van der Ross het bygesê die feit dat die Stad gasheer vir die World Cup is, speel beslis ’n rol om die huurkontrakte te hersien.
“Die uitkoms van die hersieningsproses sal beslis die behoeftes van alle stakeholders in ag neem.”
Van der Ross het bygevoeg deel van die hersieningsproses is dat daar gedurig en deurlopende gesprekke met die Bellville-klub sowel as CT Netball is.
“Die department of parks and recreation is besig om alle bestaande kontrakte te hersien met die doelwit om aan die vereistes van sportontwikkeling in plaaslike gemeenskappe te voldoen,” het sy bygesê.
Lientjie Laubscher, voorsitter van die Bellville-klub, wou op regsadvies nie kommentaar lewer nie.
Igshaan Brenner, waarnemende voorsitter van Cape Town Netball, het prontuit gesê hy het geen kommentaar op dié issue nie.