Stellies wil wys hulle is die beste

akkreditasie
Foto:
Foto:

DIE Denis Goldberg Champions League se ronde van 16 kan Sondag vir groot opwinding sorg.

Dit is veral in die o. 19-afdeling waar die vonke kan spat op Lingelethu in Khayelitsha en The Greens in Manenberg.

Die o. 19-wedstryd wat die meeste belangstelling sal lok, is die een tussen die twee Premierliga-spanne, Stellenbosch en Cape Town City, wat 15:30 in Manenberg afskop.

Stellenbosch, wat tans groot naam in plaaslike jeugsokker maak, het onlangs in Engeland ’n toernooi gewen deur onderskeidelik met Nottingham Forest en Leicester City se naasbestes klaar te speel.

Stellies het in die Denis Goldberg bo in groep B geëindig, terwyl dinge in groep C nie altyd volgens plan vir CT City verloop het nie.

Voortbou

Die jong Citizens het derde geëindig in dié groep.

Tramways was in groep C die groot surprise packet. Hy het al drie sy wedstryde — teen FC Porto, CT City en Bafana United — gewen.

Tramways sal beslis hierop wil voortbou wanneer hulle 15:30 in Manenberg teen FC Manenberg uitdraf.

Die wedstryd-program op albei velde begin 10:00 met die o. 13’s, gevolg deur die o. 15’s (11:00), die meisies o. 16’s (12:30), die o. 17’s (14:00) en die o. 19’s.

Stellenbosch se o. 17’s het ook ’n moeilike stryd wanneer hulle D&G Orient van Rygate die stryd aansê.

Die o. 19-stryd in Lingelethu wat vir groot opwinding kan sorg, is die een tussen Hout Bay United.

Winners Park, wat ook al drie sy groepstryde gewen het, kom teen Steenberg Utd van South Peninsula in Manenberg te staan.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees