PSL

Ervaring gaan nou 'to waste'

akkreditasie

CALVIN Petersen, legendariese striker van Swallows FC, het sy “fingers crossed” vir sy voormalige Soweto-span om relegasie vry te spring.

Met twee wedstryde in die Premier-sokkerliga oor het Swallows, met 24 punte in die tweede laaste plek, reeds een voet in die graf en veg om oorlewing en om sy status te behou.

Dinge is baie tight met selfs Baroka, 22 en heel laaste, wat ook nog relegasie kan vryspring deur sy oorblywende twee wedstryde te wen. Hy hoop ander uitslae verloop in sy guns.

Net so is Chippa United en Maritzburg United, albei 28 punte, nog nie heeltemal uit die relegasie-moeras nie.

Petersen het uitgewys dat dit “crazy” is om te sien hoe dinge by sy voormalige Swallows-klub uitmekaar val.

“Ek hou my fingers crossed dat hulle nie in die playoffs af gaan nie,” vertel die Kaapse striker, wat van 1988–1994 vir Moroka Swallows, soos hulle eers genoem is, gespeel het.

“Maar wat kan jy doen wanneer jy mistakes maak in die game van football en jy stel hom nie reg nie? Jy skep groter probleme vir jouself en jou spelers.

“Persoonlik dink ek daar is ’n hele paar mistakes wat Swallows gemaak het, maar ek hoop dat hulle opbly,” het hy bygevoeg.

Die 60-jarige voormalige Sea Point Swifts striker van Bonteheuwel meen die tekort aan jong talent wat nie deurkom nie, is tot dusver Swallows se achilles heel.

“Toe Swallows promosie wen tot die PSL, hoeveel jong spelers het deurgekom? Nie baie nie as jy daarna kyk.

“Die spelers wat daar was, was reeds oor 30 jaar en dit was vir my ’n concern. Jy kan net so ver gaan met die spelers en jy kon sien hulle het begin sukkel.

“Ek dink net jy moet jonger bloed inspan om jou te vat waar jy wil wees,” aldus Petersen.

Petersen het dit nog altyd duidelik gemaak hy huiwer nie om sy skills terug in die klub te ploeg nie.

“Maar wat kan jy maak? Ek is bewus daarvan dat indien mense jou ervaring nodig het, hulle sal vra. Hulle sal jou nie agter los nie.

“Daar is niks beter as om met die ervaring te sit en dit aan die jonger outjies oor te gee nie.

“Dit voel vir my ons kennis gaan to waste, waar ons ’n rol kon gespeel het,” aldus Petersen, wat deesdae uithelp by die Msunduzi LFA in Pietermaritzburg.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees