Cravenby moet mentaliteit regkry

akkreditasie

NÁ DIE hype en opwinding, het die heel eerste kwalifiseringsronde vir die Engen Knockout Challenge vir o.18- vroue nie na verwagting uitgekring nie.

Wedstryde was veronderstel om by verskeie venues regoor die Kaapse Skiereiland plaas te vind.

Son het verneem probleme met talle van die spelers se registrasie kon egter nie betyds afgehandel word nie weens ’n backlog by binnelandse sake.

Die enigste wedstryd wat plaasgevind het in die eerste ronde van 28 spanne, is die een tussen Invincible Cravenby en Ikamva Ladies.

Julian Schroeder (coach) se Cravenby-elftal het Sondag die stryd met 2-0 gewen.

Schroeder het erken dat hy meer van albei spanne verwag het.

“Dit is back one step at a time en back to the drawing board vir ons,” vertel Schroeder.

“Hopelik gaan ons nie met dieselfde mentaliteit as wat ons die eerste game benader het nie.”

Intussen het die big guns soos die kampioen, RV United, die UWC Ladies en Cape Town Roses elk onderskeidelik ’n loslootjie tot die volgende ronde verkry.

Daar word weereens met groot belangstelling gekyk na die Ronde van 16 wat eers op 19 Junie plaasvind. Daar kan egter net gehoop word dat die spanne hulle administratiewe kwessies kan uitsorteer, voor die volgende ronde plaasvind.

Die finals van hierdie kompetisie sal die eerste naweek in Julie op die Langa-sportveld beslis word, met die Wanderes as die gasheer-klub.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees