Kampioeneliga

Reds se Klopp kan U-turn maak oor nuwe deal

akkreditasie
Jurgen Klopp
Jurgen Klopp
Gallo Images

MET Liverpool se aanslag nog sterk op koers om 'n ongekende quadruple te vermag, gons dit behoorlik dat sy manager, Jurgen Klopp, verwag word om langer te bly.

Klopp het Liverpool reeds tot glorie in die Caraboa Cup gelei. Sy Liverpool-span pak ook Chelsea binnekort in die final van die FA Cup en hulle het reeds een voet in die Champions League final ná Woensdag se verspotmalike-sege van 2-0 oor Villareal in die eerste been van die halfeind op Anfield.

Dan blaas Klopp-hulle ook in die nekke van die kampioen en voorloper, Manchester City, wat een punt meer as sy rivals het met vyf liga wedstryde oor.

Die Duitser, wat in 2015 die leisels by die Reds oorgeneem het, het dit reeds duidelik gemaak, nog onlangs in Maart vanjaar, dat hy net tot 2024 by Anfield sal bly.

"Dit sal my tyd wees, baie dankie," was Klopp se direkte woorde.

Maar Klopp en sy Reds-span is die seisoen weer vol woema en is aangevuur met genoeg petrol in sy tenk om die span van Merseyside na nuwe hoogtes te neem.

Nodeloos om te sê dat Liverpool se eienaars, die Fenway Sports Group, deeglik bewus is daarvan.

Soveel so dat dit nou gons in die gange van Anfield dat Klopp se agent en jarelange vriend, Marc Kosicke, reeds glo besig is om oor 'n nuwe deal te onderhandel.

En met 'n hele aantal spelers soos Luis Diaz wat langtermynkontrakte geteken het, verwag FSG, dat sy manager ook sal oblige wat nog 'n opwindende era vir Liverpool kan betree.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees