Kampioeneliga

Gereed vir taai been

akkreditasie
Jürgen Klopp
Jürgen Klopp
Getty Images

AS VILLAREAL vandag vir Liverpool in die tweede been van hulle Champions League-halfeindstryd klop, is dit welgedaan.

Dit het niks te doen met Jürgen Klopp (Liverpool se man­ager) se rekord teen Spaanse klubs in dié kompetisie nie.

Só het die Liv­erpool-baas gereageer op ’n vraag van ’n Spaanse joernalis oor die Reds se form teen Spaanse klubs wanneer dit by uitspeelwedstryde kom.

In verlede seisoen se Champions League is Liverpool deur Atlético Madrid op Anfield in die kwarteindronde uitgeskakel, maar dit blyk daar word in Spaanse oorde vergeet van hoe Liverpool in 2019 met Barcelona klaargespeel het.

Die Reds sal vandag op Villareal se tuisveld met ’n voorsprong van 2-0 dié tweede been afskop.

Vanjaar tel away goals egter nie in besoekende spanne se guns nie.

As Villareal dit dus regkry om sake gelyk te laat trek, sal bykomende speeltyd geld.

Daar sal tot ’n penalty shoot-out oorgegaan word as daar nie ’n wendoel in bykomende speeltyd aangeteken word nie.

Klopp erken ook sy span verwag ’n uiters moeilike wedstryd, want Villareal gaan voor sy tuisskare nie wil toelaat dat die Reds weer balbesit domineer nie.

Hy sê: “Dit gaan ’n taai ene wees, maar dit is fine. Champions League-halfeindstryde moet taai wees. Ons het nog nooit verwag dit gaan maklik wees nie.

“Ons het goed by ons huis gespeel, maar ons sal daar ook ’n goeie game moet speel. ’n Halfeindstryd van die Champions League is die belangrikste wedstryd waarin jy kan speel — eintlik die tweede belangrikste as jy die eindstryd haal.

“Maar in dié oomblik is dít die belangrikste een waarin jy kan speel. Jy weet nie of jy weer die halfeindronde gaan haal of die eindstryd haal nie. Ons het ’n uitstekende span hier, maar niks word vanselfsprekend gevat nie. Jy het soms geluk nodig in sekere oomblikke.

“Jy beter dit versigtig hanteer en gereed wees, maar ons sal. Ons wou graag gewees het waar ons nou is, en die eindstryd haal. Maar as Villareal op die dag beter is, dan sal ek sê ‘welgedaan’.”

Vandag se halfeindstryd skop 21:00 op SuperSport Premier League (203) af.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees