Kampioeneliga

Benzema skud City

akkreditasie
Karim Benzema Foto: getty images
Karim Benzema Foto: getty images

DIE telling lees 4-3, maar Manchester City sal weet hy het ’n gulde kans verspeel om Real Madrid weg te blaas.

Dié klubs het wel vir die neutral vir ’n opwindende eerste been in hul ontmoeting in die halfeindronde van die Uefa Champions League gesorg.

City se ondersteuners sal egter teleurgesteld voel nadat hulle Madrid vroeg teen die planke gehad het, maar toe doele loop afstaan het om díe Spaanse klub ’n voordeel te gee wanneer die spanne volgende week in Madrid koppe stamp.

Die groot rede waarom Real so ’n hardnekkige span is om te troef, is die Franse doelskieter Karim Benzema.

Sy twee doele van Dinsdagaand het Los Galacticos stewig in die prentjie gehou.

Vanuit ’n persoonlike oogpunt is Benzema nou die voorste doelevraat in dié sisoen se Champions League.

Hy spog met 14 doele — waarvan hy agt in sy laaste drie wedstryde in die kompetisie aangeteken het.

Op Madrid se tuiste en voor ’n begeesterde skare gaan Benzema ’n groot gevaar vir City wees.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees