Ikamva fokus nie op Heroes

akkreditasie
Dangerous Heroes is een van die groot aanspraakmakers in stroom A van die Wes-Kaapse Sasolliga.
Dangerous Heroes is een van die groot aanspraakmakers in stroom A van die Wes-Kaapse Sasolliga.
verskaf

IKAMVA Ladies sal met een of ander miracle vorendag moet kom as hulle Dangerous Heroes Saterdag op hulle tuisveld, Nyanga, wil stuit.

Dit is omdat die span van Malindela Makaula (man­ag­er) erg sukkel om aan die gang te kom in stroom A van die Wes-Kaapse Sasol­liga-veldtog.

Een sege uit agt wedstryde vertel die Ikamva Ladies se treurmare tot dusver.

Boonop is Heroes een van die main rivals om die stroom te wen met Burnley (albei 22 punte) wat een game minder gespeel het.

Met 29 doele in sy 10 wedstryde het Heroes een van die dodelikste strike forces in die Sasolliga.

Dit is juis waarom van Heroes verwag word om Ikamva verder te boelie met so baie op die spel.

Erken

Ikamva se assistent-afrigter, Zolani Malibeni, is bewus daarvan dat hulle ’n berg het om te klim.

“Dit gaan ’n moeilike game wees — dit moet ek erken,” het Malibeni toegegee.

“Ons speel die nommer twee-span in ons stroom.

“Hulle het sewe uit tien wedstryde gewen en natuurlik is hulle selfvertroue baie hoog,” het Malibeni bygevoeg.

Die Ikamva-assistent is bewus daarvan dat ’n opskudding teen die Heroes net die regte doepa kan wees om ’n ommeswaai te bewerkstellig en hulle seisoen te red.

“Maar ons fokus nie veel op hulle nie.” Hy is van mening dat maksimum punte die plan is.

“Ons voorbereidings gaan alles oor ons.

“Die doel is om maksimum punte te kry, want ons het dit baie nodig.

“Ek dink ons ??het baie goed voorberei vir die wedstryd en Saterdag sal ons ons beste vertoning probeer lewer,” het Malibeni ten slotte gesê.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees