Springbokke

Gelant deserve kans teen Wallis, sê Aplon

akkreditasie
Warrick Gelant pose met die URC trophy.
Warrick Gelant pose met die URC trophy.
Gallo Images

GIO Aplon glo die tydsberekening is reg om ’n speler soos Warrick Gelant in die reeks van drie toetse teen Wallis in te span.

Aplon, wat net soos Gelant vir die Stormers, die Bulls en die Springbokke op heelagter en vleuel uitgedraf het, meen die Bokke het ’n goed gebalanseerde groep gekies.

“Ek dink dis belangrik om te wys dat jy ook die spelers wat in jou eie land speel beloon vir hul goeie spel,” het Aplon gesê.

“Die vorige twee Bok-groepe het grootliks bestaan uit ouens wat oorsee is.

“Wat meer moes die ouens doen om raakgesien te word?

“Kyk maar na Evan Roos, Elrigh Louw, Ruan Nortjé en Gelant, wat almal deurgaans goed gespeel het. Dit is baie goed om te sien dat hulle ingesluit is. Die volgende stap sal wees om te sien dat hulle speelkans kry.

World Cup

“Ons is nie meer ver van die volgende World Cup af nie. Hopelik kry ons geen beserings nie, maar as iemand soos Willie le Roux of Duane Vermeulen langs die kantlyn is, wie is volgende in die ry?

“Ek dink ons moet die drie toetse teen Wallis gebruik om te sien watter ouens kan inkom en goed op daardie vlak kan speel.

“Australië speel weer beter en Nieu-Seeland sal ook sy stempel in die Rugby Championship wil afdruk, so dis moeilike toetse wat wag.

“Om nuwe ouens in die diep kant in te gooi, gaan ’n bietjie onregverdig wees. Hulle kan as ’n plaasvervangers of deel van die beginspan wees, net om te sien hoe hulle vaar en om selfvertroue te gee teen ’n Walliese span wat laas teen Italië gesukkel het.

“Ons het die tyd en het niks om te verloor in die aanloop tot die World Cup nie.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees