Springbokke

Drake weet Bok-agttal is nie jokes

akkreditasie
Wayne Pivac
Wayne Pivac
Gallo Images

WAYNE Pivac glo Wallis staar waarskynlik die grootste uitdaging in die gesig wanneer sy span teen die wêreldkampioen, Suid-Afrika, weg van die huis te staan kom.

Wallis het boonop ’n swak Sesnasies-veldtog beleef wat met ’n treurige verloor by die huis teen Italië geëindig het.

Hulle gaan nou toetse in Pretoria, Bloemfontein en in Kaapstad speel.

Die coach het ook enige fiksheid-kwessies oor Wallis se kaptein, Dan Biggar, uit die weg geruim.

Dié flyhalf het ’n knou gekry tydens Northampton se Premiership-uitspeel-nederlaag teen Leicester 10 dae gelede.

Pogings

Wallis keer terug na ’n land wat hy agt jaar laas besoek het, en waar hy Suid-Afrika nog nie in 10 vorige pogings kon klop nie.

“In toetsrugby wil jy as spelers en afrigters die ultimate challenge hê. Die grootste een is waarskynlik om teen Suid-Afrika te staan te kom,” het Pivac gesê.

“Vanuit ons oogpunt is dit ’n groot uitdaging.

“Ons speel die wêreldkampioen in sy eie agterplaas voor sy eie ondersteuners vir die eerste keer sedert hy die World Cup gewen het (in 2019).

“Ons gaan beslis soontoe met die doelwit om ’n paar dinge op die toer te bereik.

“Daar is geen beter leerskool as om teen die bestes in die wêreld in enige sportsoort te staan te kom ??nie.

“Op die oomblik sal jy moet sê die Suid-Afrikaanse skrum het waarskynlik gewys dit was deurgaans die beste in die wêreld.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees