Springbokke

Bokke moet op hul hoede wees

akkreditasie
Siya Kolisi
Siya Kolisi
Gallo Images

DIE All Blacks gaan Saterdag desperaat wees om hul kritici se monde te snoer.

Dit is wanneer hulle teen die Springbokke in die eerste toets van die Rugby Champion­ship in Mbombela (Nelspruit) te staan kom. Die Nieu-Seelanders het met hulle swak vertonings die laaste tyd die indruk geskep hulle is nie meer ’n krag in wêreldrugby nie.

Ian Foster (coach) is onder groot druk sedert hy by Steve Hansen oorgeneem het. Foster het tot dusver sewe van sy 24 toetse as All Black-mentor verloor, 17 gewen en daar was een gelykop uitslag.

Wat veral kommerwekkend vir All Black-ondersteuners is, is dat hulle rekord teen hulle mede-topvyf-spanne in die wêreld ’n aaklige 2 uit 5 is.

Maar die Kiwi’s bly maar altyd net soos Suid-Afrika ’n trotse rugbynasie.

Die All Blacks het ’n geskiedkundige reeks-nederlaag teen Ierland (1-2) op tuisbodem gely.

Die laaste keer dat die All Blacks drie toetse agtereenvolgens verloor het, was toe hulle ’n reeks van vyf agtereenvolgende nederlae tussen Julie en Augustus in 1998 geproe het.

Trekpas

Foster se kop is op ’n blok. Twee van sy hulpafrigters het reeds die trekpas gekry.

Die Nieu-Seelandse rugby­base het Foster ’n laaste kans gegee om homself in die twee toetse teen coach Jacques Nienaber se Bokke te bewys.

Daarom gaan hy en sy span desperaat wees om te bewys dat hy sy job moet behou.

Sam Cane (kaptein) loop ook deur onder die kritiek. Nie net vir sy leierskap nie, maar daar is ook ’n gevoel onder rugby-kenners dat hy nie sy plek waardig is nie.

Daarteenoor het Siya Kolisi (kaptein) en sy Bokke ook nie heeltemal in die toetsreeks teen Wallis oortuig nie — al het hulle die reeks met 2-1 gewen. Daar is aspekte van hulle spel wat nie altyd akkuraat genoeg was nie.

Die laaste keer toe dié aartsvyande mekaar die stryd aangesê het, was die Bokke met 31-29 aan die wenkant.

Saterdag se toets skop om 17:05 af en word op SuperSport Grandstand (201) en SuperSport Rugby (211) uitgesaai.

Die spanne: SUID-AFRIKA: Damian Willemse, Kurt-Lee Arendse, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Jasper Wiese, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Lood de Jager, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Trevor Nyakane. BANK: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Salmaan Moerat, Franco Mostert, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse, Willie le Roux.

NIEU-SEELAND: Jordie Barrett, Will Jordan, Rieko Ioane, David Havili, Caleb Clarke, Beauden Barrett, Aaron Smith, Ardie Savea, Sam Cane (k), Akira Ioane, Scott Barrett, Sam Whitelock, Angus Ta’avao, Samisoni Taukei’aho, George Bower. BANK: Dane Coles, Ethan de Groot, Tyrel Lomax, Tupou Vaa’i, Shannon Frizell, Finlay Christie, Richie Mo’unga, Quinn Tupaea.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees