
MET die tweede ronde nou in volle gang, is daar nog spanne wat met ’n onoorwonne rekord in die Boland se Groot Uitdaagbeker spog.
Abbotsdale, wat die eerste plek in die Swartland beklee, is saam met Caledon (Overberg), Bella Vista (Wit-Sentraal) en St. Helena van die Weskus steeds unbeaten.
Met Bella Vista wat Saterdag rus, is daar geen rede waarom die ander drie spanne nie hulle segetog kan voortsit nie.
Kyk nou maar net na Abbotsdale — hy het tuisvoordeel teen Koringberg, wat heel laaste op die punteleer is.
Die span van Earl Scheepers is vanjaar doelgerig en gefokus om die top-ag te haal. Dit is waarom Koringberg geen genade gespaar sal word in die span se strewe om dié doelwit te bereik nie.
Wonderwerk
Caledon geniet ook tuisvoordeel wanneer hy Atlantics van Hermanus die stryd aansê.
Hier behoort Caledon ook maklik te wen tensy daar een of ander wonderwerk gebeur, want in dié stadium — veral ná die eerste ronde se ruskans — kan die tuisspan net te veel vir Atlantics wees om te handle.
Caledon staan met 46 punte ná 10 wedstryde stewig bo-aan die punteleer.
St. Helena reis Langebaan toe om hom daar die stryd aan te sê.
Die tuisspan sukkel vanjaar en beklee die sewende plek op die punteleer ná 10 games, terwyl St. Helena met 46 bo-aan die punteleer staan.
Dit is net een punt meer as Saldanha in die tweede plek.
Intussen is Saldanha gasheer vir Hopefield in die Transnet Stadium. Die champion behoort sy stempel te kan afdruk en St. Helena verby te steek. In die Breë-Langeberg wil dit voorkom of alle games in die streek Cup finals is. Die feit dat net agt punte die topvyf-spanne skei, wys hoe mededingend die spanne is.
Die game van die dag is die stryd tussen Ashton United en Rangers Robertson.
Ashton, wat deur die gewese Boland-Kavalier coach Randall Modiba afgerig word, lê tans vierde (37) met Rangers (41) derde. Dit kan ’n humdinger wees.
Boland se Groot Uitdaagbeker fixtures
Breë-Langeberg
Ashton United t Robertson Rangers; Robertson Town t Protea; Villagers Montagu t Swellendam; Villagers Worcester t Montagu Klub; Young Hamiltons t Touwpark.
Noordweste
Delicious t Citrusdal; Invincibles t Excelsior; Majestics t Elandsbaai; Young Spurs t Vanrhynsdorp Eagles.
Overberg
Black Leaves t Botrivier; Caledon t Atlantics; Hawston t Kleinmond; Rangers Bredasdorp t Genadendal; Safcol t Grabouw.
Swartland
Abbotsdale t Koringberg; Darling t Porterville; Moorreesburg t Never Despair; Wesbank t Good Hopes;
Villagers Wittewater t Saron.
Weskus
Langebaan t St. Helena; Mamre t Paternoster; Saldanha t Hopefield; Vredenburg t Velddrif; Young Hearts t Piketberg.
Wit-Sentraal
Delicious t Ceres; Tulbagh t Hamlet.