
DAAR is geen twyfel nie dat St. Helena se onoorwonne rekord in die Weskus se Groot Uitdaagbeker-reeks Saterdag onder pynlike druk van Vredenburg sal kom.
Dié twee spanne sal sake op die Laingville-sportterrein uitspook, wat ook kan bepaal of Vredenburg nog in die mix sal bly vir plek in die top-8.
Hoewel St. Helena die wedstryd in die eerste ronde gewen het, beteken dit maar bra min omdat Vredenburg oor talle ervare spelers beskik wat terug is om sake reg te stel.
Coach Alfredo Barends van Vredenburg wou nie veel verklap oor sy span se kanse nie. “Dit gaan ’n reuse-stryd wees,” is al wat hy bereid was om te sê.
St. Helena beklee nou die tweede plek ná verlede week se gelykop uitslag teen Langebaan.
In Wit-Sentraal is die hooffokus op die Ceres-derby, waar Bella Vista gasheer speel vir Delicious.
Daar is nie ’n groter derby as dié een in die Witzenberg-streek nie.
Buite
Bella Vista is boonop onoorwonne, maar beklee slegs die derde plek op die punteleer.
Hy bevind hom dus buite die top-8 en sal beslis die wedstryd moet wen om seker te maak hy speel teen die grotes van Boland-rugby.
Intussen is daar ook groot druk op Roses United om sy derby teen Hillcrest te wen.
Die kragmeting, wat op Pelican Park beslis word, behoort ook vir reuse-opwinding te sorg.
Bolandse Groot Uitdaag
Breë-Langeberg
- Rangers Robertson t Young Hamiltons;
- Montagu-klub t McGregor;
- Protea t Villagers Worcester;
- Swellendam t Ashton United;
- Touwpark t Robertson Town.
Noordweste
- Citrusdal t Marines;
- Eagles t Majestics;
- Elandsbaai t Invincibles;
- Excelsior t Delicious.
Overberg
- Atlantics t Hawston;
- Black Leaves t Rangers Bredasdorp;
- Botrivier t Kleinmond;
- Genadendal t Safcol;
- Grabouw t Caledon.
Swartland
- Good Hopes t Darling;
- Koringberg t Saron;
- Never Despair t Wesbank;
- Porterville t Abbotsdale;
- Villagers Wittewater t Moorreesburg.
Wit-Sentraal
- Bella Vista t Delicious;
- Ceres t Wolseley;
- Hamlet t Newton;
- Roses United t Hillcrest;
- Temperance t Tulbagh.
Weskus
- Hopefield t Piketberg;
- Paternoster t Langebaan;
- St. Helena t Vredenburg;
- Velddrif t Saldanha;
- Young Hearts t Mamre.