Top-spot wink vir Helderberg

akkreditasie
Helderberg is tans die pasaangeër in Superliga B.
Helderberg is tans die pasaangeër in Superliga B.
verskaf

HELDERBERG gaan sy onoorwonne rekord wil voortsit wanneer hy Saterdag teen die sukkelende Goodwood in ’n Superliga B-kragmeting van die Westelike Provinsie se klubrugby-kompetisie te staan kom.

Helderberg spog nou met 7 uit 7 oorwinnings met 34 punte op die log, terwyl Goodwood tot dusver al 8 van sy games verloor het.

Hands &Heart, wat tot dusver 9 games gespeel het, is tans in die eerste plek op die punteleer met 37 punte.

Die Rainbow Boys het Saterdag ’n loslootjie. Helderberg het dus ’n gulde geleentheid om verby die manne van Kraaifontein in die eerste posisie op die log te skuif.

En al gaan dinge nie goed by Goodwood in terme van uitslae nie, glo sy voorsitter, Eitner Truter, die wiel kan nog in sy guns draai. Die wedstryd gaan opgedra word aan die oorlede legende Clifford Etzebeth.

“Ons bly dankbaar vir die huidige spelers by Goodwood wat by ons gebly het deur hierdie moeilike en uitdagende tye. Almal bly daartoe verbind om die klub gesamentlik te herbou tot die formidabele organisasie wat dit eens was,” het Truter gesê.

Goodwood is nou in die laaste deel van sy seisoen en hy gaan aanhou om positief te bly.

Versekering

“Ons wens al ons spelers en afrigtingspan alle sterkte toe vir die laaste ses wedstryde.

“Ons gee hulle die versekering ons sal hulle tot die bitter einde toe aanhou ondersteun.

“Die moeilikste vaardigheid om in hierdie sport te bekom, is die een waar jy alles gee wat jy het, en jy word steeds geklop. Dit maak nie saak wat jy doen nie. Wanneer jy die instink het om daardeur te veg, is dit spesiaal.”

St. George’s, wat tans sesde op die log met 22 punte is, geniet ook Saterdag ’n loslootjie.

Vineyards gaan gasheer vir Young Peoples in ’n Paarlse derby speel.

Belhar, wat in die vierde posisie op die log is met 26 punte, sal alles in die stryd werp om volpunte teen Busy Bees in te samel.

Bellville, wat tot dusver vyf van sy agt games gewen het, kom teen Collegians in die Rosina Paarwater-stadion in Bellville-Suid te staan.

Collegians het drie van hul vyf games gewen.

All Saints (tans derde) kom teen die sukkelende Primrose te staan. Die Rose het tot dusver net een oorwinning agter hul naam.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees