Tiere skok Uni-Mil in Super A-stryd

akkreditasie
Cavino Mabola van Tygerberg in aksie teen Kuilsrivier.
Cavino Mabola van Tygerberg in aksie teen Kuilsrivier.
Peter Abrahams

TYGERBERG het Saterdag vir ’n opskudding gesorg toe hy die pasaangeër in Super League A, Uni-Mil, met 20-16 op Theo Marais-park in Milnerton geklop het.

Die span van coach Isma-eel Dollie het tot dusver 10 van sy 11 wedstryde in die kompetisie gewen en is met 49 punte tans in die eerste plek op die Superliga A-log.

Daarteenoor is Tygerberg — wat tot dusver vanjaar net 5 van sy 10 games gewen het — met 23 punte in die 8ste plek op die log.

Coach Chris October se span het dus uitstekend gevaar deur daarin te slaag om Uni-Mil weg van die huis af ore aan te sit.

Die Tiere kom nou Saterdag teen SK Walmers op Floridapark in Ravensmead te staan, terwyl Uni-Mil vir Villager op Brookside in Clare­mont gaan aandurf.

Die naweek se Super League-uitslae is:

SUPER A: Brackenfell 17 – 24 UWC; SK Walmers 7 – 54 Stellenbosch-Maties; UCT 5 – 3 Durbanville-Bellville; Union-Milnerton 16 – 20 Tygerberg; Valsbaai 45 – 12 Hamiltons

SUPER B: All Saints 10 – 29 Helderberg; Hands & Heart 22 – 18 Belhar; Langa 19 – 15 Franschhoek; Primrose 22 – 30 Bellville; St. George’s 39 – 26 Collegians; Vineyards 27 – 12 Scottsdene-Central

SUPER C: Blue Jets 17 – 59 Kylemore; Blue Stars Unit­ed 26 – 19 Strand United; CPUT 23 – 15 Rangers; Eersterivier 40 – 31 Elsies River United; Macassar 39 – 18 Albions; Morningstar 24 – 12 Raithby-Universals

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees