Tiere maak Kuila seer

akkreditasie
Ryan van Ster (linkervleuel) duik oor vir Tygerberg se eerste drie.
Ryan van Ster (linkervleuel) duik oor vir Tygerberg se eerste drie.
Peter Abrahams

TYGERBERG het Saterdag sy tande gewys deur Kuilsrivier in ’n opwindende Superliga A-derby van die Westelike Provinsie met 30-15 by ’n stampvol Jagtershof-rugbyveld ore aan te sit.

Die ondersteuners van albei klubs het by hordes uitgekom om ’n puik klubrugbywedstryd in koue weersomstandighede te aanskou.

Al het die Tiere uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd getree, kan die Kuila uiteraard tevrede wees met die tipe rugby wat hy op die dag gespeel het.

Die kragmeting is in ’n goeie gees gespeel met albei spanne wat aantreklike rugby probeer speel het. Die besoekers het die eerste helfte oorheers en het met die rustyd reeds met 17-3 voorgeloop.

Die tuisspan het egter in die tweede helfte met ’n terugvegpoging gekom, maar aan uiteindelik het die Tiere hulle kanse beter benut.

Chris October, coach van Tygerberg, het agterna toegegee dat sy span in ’n taai stryd gewikkel was.

“Ja, kyk Kuilsrivier is ’n goeie klub met ’n ryk geskiedenis. Dit was ’n absolute tawwe wedstryd.

“In die tweede helfte het hulle baie mooi teruggekom, maar my span moet baie lof kry.

“Die ouens het kop gehou en baie karakter getoon. Ons vat die wen.”

Tygerberg se volgende uitdaging is om weg van die huis teen die SuperligaA-pasaangeër, Uni-Mil, te staan te kom.

“Ons sal nou teruggaan draw­ing board toe en ons tuiswerk gaan doen.

“Ons gaan uitkom en alles gee teen Milnerton,” het October bygevoeg.

Sy eweknie van Kuilsrivier, Wayne Amsterdam, sê sy span het baie foute gemaak, veral in die eerste helfte.

“Hulle het ons mistakes uitgebuit.

“Dit was ’n groot derby en ons ouens het dalk nie die nodige composure gehad nie. Dit het ons in die eerste helfte ’n bietjie gekelder,” het hy gesê.

Geduldig

“In die tweede helfte het ons losskakel, John-Lee Klazen, baie goed die lyn attack.

“Hy het later na heelagter geskuif en goed aangesluit in die agterlyn.

“Ek dink in die strike zone moes ons net ’n bietjie meer patience gehad het en beter execute het.

“Ons was nie geduldig nie en daar het drieë gekom van foute teen die verloop van die spel. Dit kon maklik ’n ander ball game gewees het”

Kuilsrivier gaan nou in sy volgende game teen die Ikeys te staan kom voordat hy die seisoen op 13 Augustus teen Hamlets in Mamre afsluit.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees