Strand se party is tydelik op ys

akkreditasie
Che Klaasen van CPUT Tekkies in aksie in vanjaar se Varsity Shield.
Che Klaasen van CPUT Tekkies in aksie in vanjaar se Varsity Shield.
Gallo Images

VOOR die afgelope naweek se klubrugbywedstryde in die Westelike Provinsie se Superliga C kon daar met groot sekerheid gesê word wie as kampioen gekroon gaan word.

Die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie se rugbyspan — beter bekend as die CPUT Tekkies — het egter ’n speed bump gegooi voor die vroeë kroning van ’n nuwe koning.

Strand-rugbyklub, beter bekend as Strand-liga, het voor Saterdag se ontmoeting met die tweemalige Varsity Shield-kampioen nie ’n gelyke op die veld gehad nie.

Voorskou

Die Tekkies het egter Strand-liga se onoorwonne lopie van 10 wedstryde kortgeknip deur met 23-12 op hulle tuisveld te wen.

Dié wen sal nou wel nie daartoe lei dat Strand sy eerste plek op die punteleer kwyt is nie.

Dit sal egter vir ’n baie interessante voorskou vir die uitspeelrondes sorg.

Die topses-klubs in Super­liga C gaan nadat al die ligawedstryde tot ’n einde gekom het, in ’n uitspeel-kompetisie betrokke wees.

Gekonsolideer

Die spanne wat eerste en tweede op die punteleer eindig, sal in dié uitspeel-kompetisie se eerste naweek ’n loslootjie geniet terwyl die spanne wat derde, vierde, vyfde en sesde geplaas is, in kwarteindstryde betrokke sal wees.

CPUT, wat tot dusver nog net nege westryde gespeel het, sal nou wil seker maak hy eindig in die tweede plek.

Kylemore beklee tans die tweede plek en het sy posisie gekonsolideer deur Rangers met 26-14 te klop.

Die MC Boys van Macassar is ook nog sterk in die gesprek vir ’n plek as een van die top-twee nadat hulle Blue Stars United met 43-18 gelooi het.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees