Roses kan nóg bure slae gee

akkreditasie

ROSES United kan nóg ’n buurspan die knie voor hom laat buig in vanjaar se Boland Groot Uitdaag-klubrugbykompetisie.

Daar word omtrent gebanter voor dié naweek se tweede Wellington-derby.

Die onoorwonne Roses kom teen Hillcrest United te staan. Menig kenner in die Boland beskou Roses reeds as die groot gunsteling om die Groot Uitdaag te wen en Saldanha, huidige kampioen, se oorheersing tot ’n einde te bring.

Groot

Dit is wel nog vroeë dae, maar die Wellingtonners kan die kenners reg bewys met ’n klinkende sege oor Hillcrest. Derby-wedstryde is ’n perd van ’n ander kleur. Die realiteit is Roses speel tans op ’n ander level, veral by die big moments.

Dié derby is een van daai groot oomblikke in die Wit-Sentraal-streek. Roses beskik oor gamebreakers soos Jacquin Ruthford, Oshlin Lewis en Johnwin Lewis.

Net soos met laas week se Wellington-derby tussen Roses en Newtons sal môre se kragmeting ook in die Boland-stadion gespeel word. Die afskop is 16:00.

Roses het laas naweek maklik met 54-7 teen Newtons klaargemaak.

Dié derbies word gewoonlik in die Pelikaan-park-stadion beslis.

Weens die nuutste opvlamming van positiewe Covid-19-syfers en beperkings kan daar nie meer as 1 800 toeskouers in dié stadion toegelaat word nie.

In die Weskus is Saldanha stelselmatig besig om die letsels van die top-agt-teleurstelling af te skud en is steeds onoorwonne.

Die vissermanne staal hulle vir St. Helenabaai, wat ook nog nie ’n wedstryd verloor het nie. Maar die wedstryd van die dag is die stryd tussen Young Hearts en Langebaan in Pella.

Hearts het verlede week 28-23 met sy buurman Mamre afgereken.

GROOT UITDAAG FIXTURES

Weskus

  • Mamre t Piketberg;
  • Young Hearts t Langebaan;
  • Paternoster t Vredenburg;
  • St Helena t Saldanha;
  • Hopefield t Velddrif

Wit-Sentraal

  • Wolseley t Ceres;
  • Delicious t Bella Vista;
  • Hillcrest t Roses United;
  • Newton t Hamlet;
  • Tulbagh t Temperance

Breë-Langeberg

  • Villagers Montagu t Ashton United;
  • Swellendam t Young Hamiltons;
  • Rangers Robertson t Robertson Town;
  • Touwpark t Villagers Worcester;
  • Protea t McGregor

Swartland

  • Moorreesburg t Saron;
  • Villagers Wittewater t Wesbank;
  • Never Despair t Darling;
  • Good Hopes t Abbotsdale;
  • Porterville t Koringberg

Noordweste

  • Young Spurs t Majestics;
  • Eagles t Invincibles;
  • Elandsbaai t Delicious;
  • Excelsior t Marines
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees