
PROGRESS kan met ’n sege oor Heidelberg ’n tree nader gee om sy plek in die uitspeelronde van die Superliga te verseker.
Maar dit gaan beslis ’n reuse-taak wees om die span van Johan Erasmus (coach) druipstert terug Heidelberg toe te stuur.
Want die manne van Heibie speel kookwater rugby en hul tweede plek op die log staan as bewys van die span se vermoë.
Maar die tuisvoordeel wat Progress geniet, is beslis die bepalende faktor. Albei spanne word deur baie goeie coaches afgerig. Dit sal net die brave wees wat sal waag om die uitslag te voorspel.
Darryl Coeries (coach) se Progress span staan tans op 63 punte in die derde plek, terwyl Heidelberg met 67 punte die tweede plek beklee.
Maar terwyl daar bloed in die Rosemoor-stadion gesweet word, kan die vonke in Groot-Brakrivier spat waar Evergreens van Pacaltsdorp kom besoek. ’n Sege oor Brak sal Micro Geduldt (coach) se Evergreens-span se kanse om ’n plek onder die topvier te verseker, aansienlik versterk.
Evergreens, wat met 53 tans die vierde plek beklee, het boonop een wedstryd minder as Brak gespeel. So, dit is game on tussen dié twee spanne. Die uitslag kan dalk met skoppe bepaal word.
Die bepalings is:
PLETTENBERGBAAI: Jaguars t Bridgton;
GROOT-BRAK-SPORTTERREIN: Groot-Brak t Evergreens;
OUTENIQUAPARK: George t Barbarians;
ROSEMOOR-STADION: Progress t Heidelberg;
PARKDENE: Crusaders t Maori’s;
BLANCO-SPORTTERREIN: Blanco t Eagle Stars.