Persies mean business in die Boland

akkreditasie
Worcester Perseverance weet nie van verloor nie.
Worcester Perseverance weet nie van verloor nie.
verskaf

WORCESTER Perseverance se chairman, Danver Olsen, het groot rede om opgewonde te wees oor dié Bolandse rugbyklub.

Perseverance is tans onoorwonne en eerste in die Breedevallei-afdeling van Boland se Streekuitdaagbeker.

Ná 8 games spog Persies met 39 punte - ’n hele 12 beter as De Doorns United (27) in die tweede plek. Olsen smile omtrent breed hieroor en het aan Son gesê: “Ons mean business en is sterk op pad om ons doelwit te bereik. Ons wil volgende seisoen in die Groot Uitdaagbeker speel, waar ons teen spanne soos Villagers Worcester en Hamiltons sake sal uitspook.

“Ons coaches, Abdul Rashied en Aqueel Adendorff, doen goeie werk met die spelers.”

Olsen vertel die Persies het sewe van hul games met bonus-punte gewen.

“Dit was net teen Rawsonville wat ons nie ’n bonuspunt kon optel nie.”

Regkry

“Weet jy, soms vra mense hoe ons dit regkry om sulke spelers op te lewer en dié uitslae te kry. Dan sê ek: ‘Dit is nie wat ons onder die omstandighede doen nie, maar wat ons bó die omstandighede doen’.” Die span wat in die Streeks-kompetisies bo eindig, word outomaties tot die Breë Langeberg bevorder.

In die Langebergstreek is Bonnievale Blue Birds bo; Noordweste – Young Blues; Overberg – Riviersonderend; Sentraal – Wellington; Swartweskus – Riebeeck United; Lovedale – Witzenberg.

Indien die spanne bo klaarmaak, speel hulle in die Groot Uitdaagbeker se verskillende streeks-kompetisies.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees