Maart is nou ’n black leaf

akkreditasie
Dylan Maart het by die Black Leaves aangesluit.
Dylan Maart het by die Black Leaves aangesluit.
Mark Ward

DYLAN Maart, die Boland-Kavaliers se blitsige vleuel, draf Saterdag vir die Black Leaves teen Bredasdorp Rangers uit.

Maart se Kavaliers-kontrak het Sondag verstrek en is hy nou ’n free agent om klubrugby te speel.

Hy sal saam met Jevon August, die voormalige kaptein van Roses United, vir die span van Gansbaai in die Overberg se Groot Uitdaag-kompetisie van die Boland, hul onderskeie buigings vir die klub maak.

Opgewonde

Die klubs se grootbase se doelwit om vanjaar die Top-8 te haal, het Saterdag egter ’n reuse-terugslag beleef toe hulle teen Botrivier met 17-19 vasgeval het.

Maar Maart is steeds opgewonde om te kan speel ná ’n frustrerende Eerste Liga-veldtog.

“Ek is net in my noppies om weer klubrugby te kan speel.

“My kontrak by die Boland het eers Sondag verstrek. Dis waarom ek nie reeds verlede week kon speel nie.

“Maar, dit is great om vir ’n klub te speel wat reuse-ambisies het om op die hoogste vlak te speel.

“Dit was dus ’n maklike besluit om my rugby hier te kom te speel omdat ek die coach en sy span se bestuur goed ken,” het Maart aan Son gesê.

Volgens Maart sal hy eers aan die einde van die seisoen na volgende jaar kyk omdat “daar nog baie kan gebeur”.

“Ek het nog nie hoop opgegee om op die hoogste vlak te speel nie,” het dié boorling van Wellington bygevoeg.

Black Leaves is tans in die sesde plek op die punteleer met 21 punte ná 11 wedstryde in die kompetisie waaraan 10 spanne deelneem.

In dié stadium is daar nog ’n wiskundige kans dat hulle die Top-8 kan haal, maar die top-twee spanne, Caledon en Hawston, sal ten minste ses games sonder enige bonuspunte moet verloor.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees