K-woord was laaste strooi

akkreditasie

’N GEWESE Bolandse o. 20-losvoorspeler het genoeg van rassisme op die rugbyveld gehad en soek nou justice.

Waughan Mackenzie speel deesdae klubrugby vir Protea van De Doorns in dié streek se Groot Uitdaagbeker-kompetisie.

Hy beweer hy is verskeie kere deur ’n speler van Robertson Town, die k-woord toegesnou in die afgelope naweek se wedstryd in die Breë-Langeberg-afdeling van die Groot Uitdaagbeker.

Nou vra dié 25-jarige media-en-kommunikasie-student van die Kaapse Skier­eiland-Universiteit vir Tegnologie (CPUT) dat die rassiste uit die sport geskop word.

Mackenzie het aan Son gesê: “Dit is nie die eerste keer dat ek met die k-woord op die rugbyveld te doen kry nie. Ek het in die verlede dít verdra, maar nou het ek genoeg gehad.

“Dit het nou te erg geword en moet vir eens en altyd stopgesit word.”

Volgens Mackenzie is hy deur ’n speler (wie se naam weerhou word) gedurende die wedstryd verbaal allerhande dinge toegesnou, maar wat hom tot breekpunt gebring het, is dat dié speler hom ná die wedstryd ’n k****r genoem het.

Bennie
Bennie van Rooi

Kaptein FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van crimen injuria ondersoek word. Die klag is by De Doorns-polisiestasie aangemeld, maar is na die Robertson-kantoor oorgeplaas vir nader ondersoek.

Bennie van Rooi, president van die Boland Rugbyunie, is erg omgekrap oor die bewerings en sê dit is vir hom en sy unie ’n verleentheid dat sulke gedrag plaasvind.

“Die unie beskou homself met trots as een van die mees getransformeerde, nie-rassige sport-instansies in die land.

“Ons strewe daarna om die beste in die land te wees. Ek vra kalmte en net ’n bietjie tyd sodat ons albei klubs kans gee om hulle weergawe van events aan ons te verskaf.

“Ons ondersoek die voorval en sal soos dit ontwikkel, aan die media en ons lede terugvoering gee,” het Van Rooi bygevoeg.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees