Happy days vir Berge

akkreditasie
Cheslin Jack van All Saints probeer Schalk Burger van Helderberg stuit.
Cheslin Jack van All Saints probeer Schalk Burger van Helderberg stuit.
Jonathan Lestrade

DIT was Saterdag toe weereens happy days vir Helderberg.

Coach Koos Eksteen en sy manne het hulle 12de agtereenvolgende oorwinning in die Superliga B-klubrugbykomspetisie van die Weste­like Provinsie behaal.

Al het die Berge uiteindelik met 29-10 as oorwinnaar teen All Saints uit die stryd getree, moes hulle hard swoeg om Saints te klop.

Eksteen het ná die game aan Son gesê: “Ja, dit was ’n tawwe wedstryd van die begin af. Daar is voor die game ’n klomp goed oor en weer vir mekaar gesê.

“Ek het vir die ouens gesê, dis net ’n liga-game en nie ’n derby nie. Ons werk al die hele seisoen baie hard en 12 uit 12 is happy days.”

Volgens die coach is dit sy span se doelwit om vanjaar al sy games te wen.

“Ons het al van die begin af vir mekaar gesê as ons nie al 16 games kan wen nie, is ons nie goed genoeg om in Superliga A te speel nie.

“Ons doelwit is die Pursuit of Happyness, wat eintlik die naam van ’n fliek is.

“Ons spelers kom uit verskillende gemeenskappe. Dit gaan nie altyd maklik nie, maar ons wil rugby gebruik om hoop te skep vir die mense daar buite.”

Eksteen sê hy was baie bly toe hy sien dat reën voorspel is, omdat dit sy span beter sou pas.

“Ons is fisiek groter, maar hulle het baie meer spoed agterlangs. Ons verdediging was vandag ongelooflik.

“Hulle verdediging was goed in die eerste 20 minute. Ons moes net die druk verwerk. Dis jammer dat hulle hier teen die einde gaan score het, maar dis iets waaraan ons kan werk.”

Volgens Eksteen se eweknie van All Saints, Wanie Davids, was alles aan die begin van die kragmeting baie gelykop. Sy spelers het egter nie by hulle plan gehou nie.

“Ja, hier en daar het ons kanse gehad, maar ons het dit nie in punte omskep nie.

“Die execution van die planne was nie altyd soos ons graag wou hê nie.

“Ek dink dit is belangrik vir my manne om te leer om die planne te volg. Die spelers kan dan hulle individuele brilliance binne die planne uitvoer.

“Die eerste 25 minute was die plan om die bal agter hulle te plaas en hulle te laat omdraai. Ons wou ook alle momentum van skrums en lynstane stuit, totdat hulle tam geraak het.

“Daarvandaan sou ons die tipe drieë kon druk soos die een op die einde.

“Hulle het ons getap met hul physicality wanneer hulle in ons kwartgebied gekom het.

“Ons het egter ’n baie jong span wat nog baie moet leer.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees