Hamediehs is vol Ideas

akkreditasie

NADAT hulle twee seisoene buite aksie was, kan Hamediehs nie wag om Saterdag weer in ’n amptelike klubrugbywedstryd uit te draf nie.

Hammies gaan sy veldtog in die City League van die Westelike Provinsie-klubrugbyliga Saterdag teen Young Ideas op Vygieskraal afskop.

Volgens Ashraf Joseph, die voorsitter van die klub, kan die afwesigheid van twee jaar in sekere opsigte as ’n bedekte seën beskou word.

Hy het gister aan Son gesê: “Ja, ons kon weens die Covid-pandemie nie rugby speel nie, maar het tydens die lang breek die tyd gebruik om die verhoudinge tussen die spelers, die span, die afrigters en die bestuurspan in’n gehegte eenheid saam te snoer.

“Tydens Covid is Whats­App-groepe gestig waardeur spelers mekaar beter begin leer ken het. Ons het laas naweek ’n oefenkamp gehad. Dit was great om te sien hoe die spelers met mekaar begin gel het, want hulle was voor Covid alreeds saam. Ons kan nou die sinergie tussen almal sien. En na my mening is dit iets wat ons uit Covid gekry het.”

Voor Ramadaan het Hamediehs vriendskaplike wedstryde teen Hamlets van Mamre, Blue Stars van Klapmuts, Rangers van Surrey Estate, Primrose van Kenilworth en Eersterivier gespeel.

Op laas naweek se oefenkamp by die Glencairn Rotary het die WP- en Stormer-afrigters Labeeb Levy en Riefaat Jappie ’n bietjie vir Hamediehs kom uithelp.

Hashiem Samsodien, afrigter van Hamediehs, sê hulle het hul huiswerk met Young Ideas gaan doen.

“Ja, Young Ideas het in Ramadaan gespeel teen Masiphumelele. Ek het opgemerk dat hulle ’n baie ongestruktureerde span is wat daarvan hou om die bal lug te gee.

“Hamediehs se DNA was nog altyd dat ons ’n span is wat daarvan hou om met struktuur te speel waar ons graag ons gesag voorlangs probeer afdwing.

“Ons gaan dus nie ver daarvan afwyk nie en dit is presies hoe ons beoog om Saterdag se game te benader,” het Samsodien verduidelik.

Daar wag ’n gewigtige taak op Samsodien se eweknie by Young Ideas, Bandile Makapela. Young Ideas het ’n lelike drag slae in sy; vorige game teen Masiphumelele op die lyf geloop. Hulle gaan dus hoop om met ’n verbeterde vertoning vorendag te kom.

NAWEEK FIXTURES

SUPER A: 

  • Kuilsrivier t UWK;
  • Hamiltons t Maties;
  • Brackenfell t Ikeys;
  • Uni-Mil t Hamlets;
  • Durb-Bell t Tygerberg;
  • NTK t Valsbaai.

SUPER B

  • Goodwood t Belhar;
  • Young Peoples t Busy Bees;
  • Scotsdene t Bellville;
  • All Saints t Franschhoek;
  • Vineyards t Langa;
  • Hands & Heart t Helderberg.

SUIDELIKE LIGA:

  • Noordelikes t Atlantis;
  • Peninsula t Retreat;
  • Young Stars t Thistles.

NOORDELIKE LIGA:

  • Polisie t Violets;
  • Silvertree t Masiphumelele;
  • Hamediehs t Young Ideas;
  • Gardens t Western Zebras.
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees