Gespook om plek begin dié weekend

akkreditasie
Luke Adendorf van Gordons Bay Pioneers in aksie teen Fisantekraal.
Luke Adendorf van Gordons Bay Pioneers in aksie teen Fisantekraal.
Jonathan Lestrade

ALTESAAM 31 klubs gaan voortaan sake in vier verskillende streek-ligas van die Westelike Provinsie se klubrugby-kompetisie uitspook.

Die fixtures vir die verskillende streke — groep A, groep B, groep C en groep D — is reeds bepaal.

Al die aksie gaan dié naweek in alle erns hervat word.

Groepe A, B en C bestaan uit agt klubs in elke streek, met groep D wat uit sewe klubs bestaan.

Kruis

Klubs soos Whistling Wheels, Police, Titans, Windmeul United, Young Ideas, Rocklands, Excelsiors en Bi­shop Lavis gaan mekaar in groep A aandurf.

Watsonia, Perseverance, Progress, Thistles, Young Wesleys, Young Stars, Lamotte-Wanderers en Silvertree gaan in groep B swaarde kruis.

Gordons Bay Pioneers, Imiqhayi, Delft, Western Zebras, Peninsula, Khayelitsha, Manenberg Rangers en Retreat gaan mekaar in groep C roer.

Gordonsbaai Pioneers
Gordons Bay Pioneers gaan Retreat Saterdag in groep C van die WP se streekliga aandurf.

Caledonian Roses, Tem­perance-Cities, Gardens, Fisantekraal, Stellenbosch-Coronations, Faure en Silverleaf is die sewe klubs wat mekaar in groep D die stryd gaan aansê.

Die kwarteindrondes van die verskillende groepe word op 24 September gespeel, met die halfeindrondes op 1 September en die eindstryde wat op 8 Oktober beslis gaan word.

Die 31 spanne gaan dus alles in die stryd werp om die top-agt van hulle verskillende groepe te haal sodat hulle vir die uitkloprondes kan kwalifiseer.

Saterdag se fixtures van die WP se streekliga is soos volg:

GROEP A

Whistling Wheels t Bishop Lavis; Police t Excelsior, Titans t Rocklands; Windmeul Uited t Young Ideas.

GROEP B

Perseverance t Silvertree; Progress t Watsonia; Thistles t Young Stars; Young Wesleys t Lamotte-Wanderers.

GROEP C

Gordons Bay Pioneers t Retreat; Imiqhayi t Manenberg Rangers; Delft t Khayelitsha; Western Zebras t Peninsula

GROEP D

Stellenbosch-Coronations t Gardens; Faure t Temperance-Cities; Silverleaf t Caledonian Roses.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees