Gardens nét te sterk vir Simondium

akkreditasie
Young Gardens
Young Gardens

YOUNG Gardens het Saterdag net-net daarin geslaag om Simondium met 22-20 in ’n Paarl-liga-kragmeting op Dal Josaphat te uitoorlê.

Paarl Rangers het heeltemal te veel skietgoed vir Violets Paarl gehad. Rangers het Violets met 55-17 kafgedraf.

Riverstones het hulle stem teen Pêrel United dik gemaak. Stones het United met 57-17 ore aangesit.

Young Standards was in ’n hewige stryd teen Laer Paarl (Blues) gewikkel vir ’n sege van 26-19.

In die Promosieliga was Blakes met 22-12 te sterk vir Northerns. Lagunya en Atlantis het met 17-17 elk gedraw, terwyl Masiphumelele net-net met 10-8 oor Sir-Lowrians geseëvier het. Van der Stel-Evergreens het ’n puik sege van 43-20 oor Violets behaal.

STREEKLIGA-UITSLAEGROEP A: Whistling Wheels 83, Bishop Lavis 0; Police 47, Excelsior 24; Titans 13, Rocklands 12; Windmeul United 21, Young Ideas 28.GROEP B: Progress 39, Watsonia 28; Perseverance 0, Silvertree 20; Thistles 19, Young Stars 29; Young Wesleys 26, La- Motte Wanderers 20.GROEP C: Gordon’s Bay Pioneers 35, Retreat 17; Imiqhayi 7, Manenberg Rangers 10; Delft United 20, Khayelitsha 0; Western Zebras 29, Peninsula 48.GROEP D: Silverleaf 10, Caledonian Roses 22; Faure 41, Temperance Cities 24; Stellenbosch-Coronations 16, Gardens 15.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees