Evergreens wil net wen

akkreditasie
Achmad Salie van Violets in aksie teen Sir Lowrians.
Achmad Salie van Violets in aksie teen Sir Lowrians.
Rashied Isaacs

VAN der Stel Evergreens gaan Saterdag hul onoorwonne rekord wil behou.

Dit is wanneer hulle teen Violets in ’n Top-9 Promosieliga-klubrugbykragmeting van die Westelike Provinsie in die Eikestad aandurf.

Nadat Evergreens al nege games in die Noordelike Liga gewen het, het hulle teen Nor­therns te staan gekom.

Saterdag het hulle Nor­therns in die eerste Promosie-liga game met 39-22 kafgedraf en sodoende hul tiende agtereenvolgende oorwinning van die seisoen behaal.

Violets het op hul beurt net-net daarin geslaag om Sir Lowrians met 15-12 op Chukker Road in Kenwyn te troef.

Blakes, wat tweede in die Noordelike Liga klaargemaak het, het Masiphumelele met 24-7 ore aangesit.

Masi speel Saterdag gasheer vir Sir Lowrians, terwyl Blakes en Northerns sake in Cloetesville gaan uitspook.

Die wenner van die City League, Hamediehs, bly ook nog onoorwonne nadat hulle Lagunya in Gugulethu met 37-17 uitoorlê het.

Loslootjie

Hammies het dié naweek ’n loslootjie voordat hulle volgende week Atlantis toe reis. Lagunya gaan Saterdag swaarde met Atlantis kruis.

In die Paarl-liga het Laer Paarl met 14-24 teen Young Gardens op Dal Josafat vasgeval. Simondium was met 30-19 te sterk vir Pêrel United. Paarl Rangers het met 29-21 met Riverstones klaargespeel.

Young Standards het die onbeholpe Violets Paarl met ’n allemintige 58-0 afgeslag.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees