‘Col’ weg in home game

akkreditasie
Kyle Bender van St Georges en Carlton Goodman van Belhar in aksie in ’n vorige wedstryd.
Kyle Bender van St Georges en Carlton Goodman van Belhar in aksie in ’n vorige wedstryd.
Jonathan Lestrade

AL IS Saterdag se Super League B-kragmeting ’n home game vir Collegians, sal hulle vir Belhar op Accordian Park moet aandurf.

Volgens Briem Beukes, Belhar se coach, het Colle­gians ongelukkig tans nie ’n tuisveld nie.

Belhar het dus aangebied om Collegians met hul bus in Lentegeur in Mitchells Plain te gaan oplaai.

“Ja, ons was nie seker hoe hulle sake staan met hul tuisveld nie en het hulle gebel en aangebied om gasheer vir hulle te speel. Ons het dit al voorheen met ’n klub soos Whistling Wheels ook gedoen,” het Beukes gister aan Son gesê.

“Dit is altyd ’n moeilike stryd om by Collegians te speel. Collegians is nie ’n maklike span nie. Die vleuel van Griekwas (Edries Arendse) help hulle om hulle span te bou. Hy is baie experienced.

Beukes het gesê hulle moet al hul games met bonuspunte wen om in die derde plek te eindig sodat hulle ’n kwarteindstryd by die huis kan hê.

“Laas week het ons bietjie vasgeval (teen Hands & Heart) wat ’n terugslag was. Ons doelwit is nou om ’n home quarterfinal te kry.”

‘Die Col’ is tans in die 9de plek op die puntelys met vier oorwinnings van nege wedstryde. Beukes is dus bewus van die uitdaging wat coach Armien Ariefdien se span gaan bied.

“Ons het vroeër in die jaar ’n vriendskaplike wedstryd teen Collegians gespeel waar ons teen hulle verloor het. Soos ek hulle games dopgehou het, is hulle bietjie kwesbaar aan die buitekant. Hulle het ’n paar swaar forwards so ons sal die game ’n bietjie vinniger wil maak.”

Benewens Saterdag se wedstryd teen Collegians, gaan Belhar volgende Dinsdag teen Primrose te staan kom voordat hulle volgende Saterdag met Bellville swaarde gaan kruis.

“Dié liga is baie onvoorspelbaar. Op die dag kan enige span enige ander span klop. Ons het laas week sake moeilik vir onsself gemaak met die nederlaag.”

Beukes sê sy span sukkel tans met beserings aan sy twee voorste losskakels.

“Ons het ’n skrumskakel wat op losskakel diens kan doen, maar ons heelagter kan ook daar ingespan word. Die losskakels se beserings is egter nie te ernstig nie. Hulle gaan maar net as ’n voorsorgsmaatreël uitsit. Ons wil hulle nie forseer om te nie speel nie omdat daar dalk nog playoffs is wat voorlê,” het Beukes verduidelik.

SUPER A: Tygerberg t SK Walmers; Villager t Uni-Mil; Maties t Hamlets; Durb-Bell t UWK; NTK t Ikeys.

SUPER B: Young Peoples t Helderberg; Franschhoek t Hands & Heart; Busy Bees t Scottsdene; Collegians t Belhar; Primrose t Goodwood

SUPER C: Raithby Universals t Eersterivier; Strand Utd t Blue Jets; Rangers t Pniel Villagers; Strand t Blue Stars; Elsiesrivier t CPUT

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees