Boland se Municipal Cup kry ondersteuning

akkreditasie

DIE Boland-rugbyunie het planne bekendgemaak vir ’n splinternuwe klubrugby-kompetisie.

Bennie van Rooi, BRU-president, het verlede week die burgemeesters van die Cape Winelands en Weskus, én ander verteenwoordigers ontmoet, oor die unie se planne vir ’n Municipal Cup.

Dié voorlegging en gesprekke is ook deur Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR vir sport en kultuursake bygewoon.

Ofskoon daar bekommernisse oor die voorgestelde afskop-datum van 4 Julie is, het die verteenwoordigers sowel as Marais hul ondersteuning aan die toernooi gegee.

Begroting

Van Rooi se voorlegging is deur Duane Heath, SA Rugby se voormalige klubkompetisie-bestuurder, ondersteun.

Heath, wat die kompetisie namens die BRU gaan help bestuur, het ook die begroting, sowel as die uitsaai- ooreenkoms met SABC aan die verteenwoordigers voorgelê.

Elke streek wat volgens die huidige munisipale grense gekies word, sal deur senior mans, vroue en o. 20-spanne verteenwoordig word.

Van Rooi het aan die verteenwoordigers gesê hy het begrip dat die konsep-voorstelle eers deur die onderskeie rade bespreek moet word vir goedkeuring.

“Maar ondanks dit, gaan ons voort met planne, want ons sal op een of ander tyd moet begin. Ons praat ook met borge wat reeds hul ondersteuning gegee het.

“Ek is opgewonde oor die terugvoering,” het Van Rooi verduidelik.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees