Belhar verwag ’n reuse-stryd

akkreditasie
LEIER: Clint Damons voer Saterdag Belhar teen Hands & Heart in Kraaifontein aan.
LEIER: Clint Damons voer Saterdag Belhar teen Hands & Heart in Kraaifontein aan.
Gallo Images

BELHAR en Hands & Heart gaan Saterdag vir die eerste keer in ’n baie lang tyd in ’n Superliga B-kragmeting van die Westelike Provinsie, mekaar die stryd aansê.

Clint Damons, wat die afgelope paar jaar in George gesetel was, is weer terug om Belhar Saterdag aan te voer wanneer hulle Hands & Heart in ’n groot derby in Eikendal in Kraaifontein aandurf.

Ná nege wedstryde is die span van Briem Beukes (coach) met sewe oorwinnings in die vyfde plek op die log met 36 punte.

Daarteenoor het Hands & Heart nege van hul 11 games gewen en is tans met 47 punte in die tweede plek op die punteleer.

Helderberg, wat met 10 uit 10 oorwinnings spog, is die pasaangeër met 49 punte.

Volgens Damons is hulle bewus van die groot uitdaging wat Saterdag vir hulle in Kraaifontein voor Hands & Heart se begeesterde toeskouers wag.

“Hulle gaan glad nie terugstaan vir ons nie.

“Dit is altyd baie tough daar by hulle,” het Damon aan Son gesê.

“Ons verwag hulle gaan beslis uitkom met all guns blazing. Hul skare gaan ook ’n groot rol speel.

“Dit is nie maklik om daar te wen nie. So, ons verwag ’n groot wedstryd, maar ons gaan vandeesweek goed voorberei.

Die 25-jarige binnesenter sê Belhar het drie weke laas gespeel en die spelers behoort lekker uitgerus te wees.

“In ’n mate was dit ’n goeie ding, want ons het ’n paar beserings gehad.

“Ons het nie regtig game-time gekry nie, maar die manne het almal goed herstel.

“Ons het baie tyd op ons hande gehad, lekker saam gebraai en ’n langer tyd gehad om voor te berei. Die manne is dus lekker lus vir die naweek.”

Damons en sy span se doelwit is om hul volgende twee games teen Hands & Heart en Collegians te wen, sodat hulle tweede op die punteleer kan eindig.

“Dit is waarom ons so druk vir ’n wen die naweek.

“Die game teen Collegians weg van die huis gaan ook nie maklik wees nie,” het Damons gewaarsku.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees