All Saints wil party bederf

akkreditasie
Duzarn Love van All Saints in aksie teen St. George’s.
Duzarn Love van All Saints in aksie teen St. George’s.
Jonathan Lestrade

ALL Saints sal Saterdag beslis alles in die stryd werp om Helderberg se party te bederf deur hulle winning streak tot ’n einde te bring.

Dit is wanneer die twee spanne mekaar in ’n Superliga B-derby van die Westelike Provinsie in Paardevlei in Somerset-Wes die stryd gaan aansê.

Helderberg spog tot dusver met ’n allemintige 11 agtereenvolgende oorwinnings in die kompetisie.

Helderberg is met 54 punte tans bo-aan die log, terwyl All Saints ná agt oorwinnings en een gelykop uitslag met 43 punte derde op die puntelys is.

Die Berge gaan hoop om dit ’n dosyn oorwinnings te maak, terwyl die span van Coach Wa­nie Davids baie graag die bragging rights sal wil hê om die eerste span vanjaar te word wat daarin slaag om hulle bure se wenmomentum tot ’n einde te bring.

“Ja, dit sal beslis iets major wees as ons vir Helderberg terug aarde toe kan bring,” het Davids gister aan Son oor die groot derby gesê.

“Helderberg kan geklop word. Ons skroom nie daarvoor nie. Ek het nog nooit ’n span gecoach om te verloor nie.

“All Saints gaan dus nie in die game om te verloor of te draw nie. My span gaan uitkom en fireworks bring. Ons gaan definitief uit om te wen.”

Davids sê Helderberg is die enigste span waarvan hy weet wat dwarsdeur die tyd van die Covid-19-pandemie geoefen het.

“Hulle voorbereiding was na my mening selfs beter as van die Superliga A-spanne s’n.

“Daar is ’n gesegde: If you respect the game, the game will respect you. Al het hulle by tye nie goed gespeel nie, het die bounce van die bal hulle kant toe gegaan. Hulle het hulle eie luck create.”

Volgens Davids is Helderberg ’n groot fisieke span. “Hulle sterk punt is hulle physicality. Hulle strukture is baie goed in plek en hulle het boonop ook ’n vernuftige agterste driehoek wat nie skroom om drieë te druk nie. My span sal hulle net eenvoudig moet hokslaan,” het Davids gewaarsku.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees