Abbotsdale kook, maar...

akkreditasie
Andrew Jantjies van Abbotsdale gaan oor vir sy eerste van twee drieë.
Andrew Jantjies van Abbotsdale gaan oor vir sy eerste van twee drieë.
Mark Ward

ABBOTSDALE het glad nie gelyk soos ’n span wat aanspraak maak op ’n plek in die top-agt van die Boland se Groot Uitdaagbeker-kompetisie nie.

Ondanks sy span se wegholsege van 53-14 oor Koringberg is Abbotsdale se coach, Earl Scheepers, ook glad nie ’n happy chappy nie.

Dié wedstryd in die Swartland-streek is Saterdag op die sportterrein van Abbotsdale beslis. Die tuisspan was rustyd met 32-0 voor.

Die teleurstelling was sigbaar toe Scheepers ná die game vir kommentaar ge­nader is.

“Ek is huiwerig om kommentaar te lewer, want ons kon eenvoudig net nie aan die gang kom nie en dit was teleurstellend dat ons so gesukkel het. Ons het wel ’n paar spelers speelkans gegee en hier en daar verstellings aan taktiek aangebring. Maar dit was geen rede waarom ons so moes sukkel nie.

Trekpas

“Ek vat die lesse wat ons uit die wedstryd gekry het en wil die game so gou moontlik agter ons sit, want die ander topspanne wag op ons,” het Scheepers aan Son gesê.

Boonop moes hulle ook die laaste 25 minute met 14 spelers klaarkom nadat Wian Syster met ’n rooi kaart vir ontoelaatbare spel die trekpas gekry het. Syster is ook in die eerste helfte met ’n geel kaart koelkas toe gestuur vir ’n high tackle.

Die tuisspan het agt keer gaan druk met die slot Andrew Jantjies wat twee keer gaan afrond het. Die senter Godwin Jacobs het met vyf doelskoppe geslaag.

Hy was kort voor rustyd ook in die kol met ’n strafskop, terwyl hy ook onder die driedrukkers was.

Abbotsdale bly steeds onoorwonne en staan nou met 48 punte stewig boaan die Swartland se punteleer.

*Die gelykop uitslag tussen Langebaan en St. Helena (24-24) het Saldanha toegelaat om tot die eerste plek op die punteleer van die Weskus op te skuif.

Saldanha het Hopefield op sy beurt met 46-3 afgeransel.

Groot Uitdaagbeker-uitslae:

Breë-Langeberg

Ashton United 27, Robertson Rangers 23; Robertson Town 39, Protea 19; Villagers Montagu 38, Swellendam 34; Villagers Worcester 34, Montagu Klub 8; Young Hamiltons 35, Touwpark 16.

Noordweste

Delicious 17, Citrusdal 16; Invincibles 42, Excelsior 15;

Majestics 38, Elandsbaai 3; Young Spurs 11, Vanrhynsdorp Eagles 13.

Overberg

Black Leaves 17, Botrivier 19; Caledon 41, Atlantics 10; Hawston 24, Kleinmond 20; Rangers Bredasdorp 57, Genadendal 17; Safcol 18, Grabouw 9.

Swartland

Abbotsdale 53, Koringberg 14; Darling 52, Porterville 32; Moorreesburg 13, Never Despair 13; Wesbank 20, Good Hopes 9; Villagers Wittewater 14, Saron 17.

Weskus

Langebaan 24, St. Helena 24; Mamre 36, Paternoster 22; Saldanha 46, Hopefield 3; Vredenburg 32, Velddrif 21; Young Hearts 22, Piketberg 3.

Wit-Sentraal

Delicious 29, Ceres 7; Evergreens Paarl 18, Temperance 11; Tulbagh 7, Hamlet 45.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees