20 Drieë in reën

akkreditasie
Sinazo Mcatshulwa stamp Anna-Marie Shikusho van Naminbie af in gister se toets op City Park in Athlone.
Sinazo Mcatshulwa stamp Anna-Marie Shikusho van Naminbie af in gister se toets op City Park in Athlone.
Jonathan Lestrade

DIT het Donderdag letterlik en figuurlik drieë op City Park in Athlone gereën.

Die Springbok-vrouerugbyspan het sy eweknie van Namibië met ’n allemintige 128-3 in gure weersomstandighede behoorlik afgeslag.

Die vroue-Bokke het in die proses hul vorige rekordtelling van 108-0, wat hulle in laas week se toets teen Zimbabwe behaal het, oortref.

Stanley Raubenheimer, afrigter van die Bok-vroue, was uiteraard tevrede met sy span se vertoning in dié twee toetse.

Al het die weer nie saamgespeel nie, het sy span altesame 20 drieë in gietende reën aangeteken.

“Ja, nee die punte moet nog steeds aangeteken word, maar weereens het ons nie al ons geleentheid aangegryp nie,” het ’n tevrede Raubenheimer gesê.

“Die akkuraatheid in die uitvoering van sekere van ons bewegings was by tye nie goed genoeg nie, maar oor die algemeen is ek tevrede. ’n Mens kannie kla oor daai telling nie.”

Raubenheimer sê dit is goed om sulke soort wedstryde te speel vir sy span se ontwikkeling en veral vir die span se selfvertroue.

“Ons het nou bymekaar gekom vir die eerste keer ná drie maande en het beoog om aan ’n paar goed te werk. Verdediging is een van die grootste leemtes in ons span. Ons kon vandag nie veel daaraan doen nie want ons het ’n ander doelwit gehad wat ons nastreef. Baie mense gaan iets te sê hê van die telling, maar ons het ’n paar jaar gelede ook met 108 punte teen Engeland verloor.”

“Ons gaan nou in Junie teen Japan speel en het nog vier toetse oor voordat ons Frankryk in die World Cup gaan aandurf.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees