Engelse sonder Tash teen Suid-Afrika

akkreditasie
Engeland se Tash Farrant.
Engeland se Tash Farrant.
Gallo Images

ENGELAND sal sonder een van sy staatmakers die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan in ’n toets aanpak.

Tash Farrant, hotklou-naatbouler van die Engelse, het ’n rugbesering opgedoen en gaan die toets wat Maandag op Taunton begin, misloop.

Farrant het vroeër vanjaar ’n reuse-rol in Engeland se veldtog gespeel, waar dié land in die eindstryd om die World Cup in April teen Australië in Nieu-Seeland vasgeval het.

Behalwe dat sy die toets teen Suid-Afrika gaan misloop, sal sy ook die T20-reeks by die Commonwealth Games misloop.

Intussen het Suid-Afrika se voorste kolwer, Laura Wolvaardt, 101 lopies van 148 aflewerings aangeteken in haar span se opwarmingswedstryd teen Engeland A in Sussex.

Die ervare Marizanne Kapp, Lizelle Lee en Sinalo Jafta, is onder die spelers wat vir die eerste keer in sewe jaar gereed maak vir toetskrieket.

Toetskrieket

Dié Suid-Afrikaners het laas in 2014 toetskrieket gespeel toe hulle teen Indië in Mysore, gejol het.

Kapp, Trisha Chetty, Lee en Chloe Tryon, het in daai toets gespeel, terwyl Shabnim Ismail in 2007 teen Nederland gespeel het.

Suid-Afrika het 301 in 80 boulbeurte aangeteken, met Suné Luus wat 48 lopies bygedra het.

Engeland het gister sy eerste beurt met sy telling op 276/9 gesluit.

Die Vrouteas sal Donderdag hul beurt hervat, met 35 lopies op die telbord sonder die verlies van ’n paaltjie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees