
DIE Cape Town Baseball Major League-titel sal die naweek ’n baas kry.
Bellville Tygers is die huidige voorloper met 30 punte en Bothasig het 28.
Hulle pak mekaar Saterdag in die Abe Sher-stadion in Bothasig.
Die wedstryd behoort vir groot opwinding te sorg aangesien die wedloop tussen hulle vanjaar nou was.
Bellville het Saterdag VOB met 19-4 afgeransel om sy titel-kanse aansienlik te versterk. As Bellville wel teen Bothasig vasval, kom hy Maandag teen Athlone Athletics by die Vangate-sportterrein te staan.
Tygers (onder die afrigting van Alan Phillips) sal planne het om Bothasig te kelder.
Athlone, wat in ’n herbou fase is, het vanjaar nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie.
Bothasig het Saterdag sy stempel afgedruk en Helderberg goed afgeransel.
Die twee gooiers van Tygers, Lloyd Stevens en Kevin Townsend, was in ’n verwoestende bui en het sewe rushoue afgestaan. Stevens en Townsend het net een rushou prysgegee.
Jonathan Phillips (3/3) was Tygers se beste kolwer.
MAJOR LEAGUE
Bellville Tygers 19, VOB Macaws 4; Helderberg Pirates 6, Bothasig Knights 16; Durbanville Villains 2, Maitland Giants 19.
MAJOR LEAGUE RESERVES
Bellville Tygers 10, VOB Macaws 4; Helderberg Pirates 1, Bothasig Knights 11; Durbanville Villains 13, Maitland Giants 12.
PROMOTION LEAGUE
Milnerton Mavericks 4, Westridge Yankees 22; Grassy Park Crusaders 10, Lansdowne Eagles 0; Battswood 9, Lavender Hill 0.