Youngsta bring hulde aan Riky Rick in nuwe musiekvideo

akkreditasie
Riky Rick en Youngsta
Riky Rick en Youngsta
Verskaf

DIE Kaapstadse rapper YoungstaCPT het die musiekvideo “Dear Rikhado, Love Riyadh” vir sy wyle tjommie, Riky Rick, uitgereik.

Die song bring hulde aan Rikhado Muziwendlovu Makhado, beter bekend as Riky Rick, wat vroeër vanjaar sy eie lewe geneem het.

Die video begin met YoungstaCPT, uitgevat in ’n all black outfit, wat in ’n straat in Johannesburg stap terwyl ’n voice-over deur die oorlede rapper in die agtergrond speel.

Kort daarna wys wisselende tonele YoungstaCPT op die verhoog tydens ’n optrede en hoe hy interact met fans op die strate van Johannesburg.

Die tonele gaan voort terwyl die Kapenaar besin oor hoe baie hy die rapper mis, wens hulle het meer tyd saam deurgebring en hoe alleen hy gevoel het toe hy die nuus van Riky se heengaan ontvang het omdat hy in Kaapstad was.

Hy raak ook aan hoe Riky die aflosstokkie na ander kunstenaars uitgebrei het en ’n droom oor hom gehad het ná sy afsterwe.

Die laaste paar sekondes van die video wys beeldmateriaal van YoungstaCPT en Riky wat ’n drukkie deel en interaksie het met aanhangers op ’n straathoek.

Hierdie is ’n regtig ’n baie hartroerende song met die mooiste tonele. Gaan check dit.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees