Weer tyd vir snoek en patat

akkreditasie
The Young Visitors
The Young Visitors
verskaf

JULLE, dis sulke tyd – tyd vir die Snoek en Patat-fees daar in Goedverwacht.

Vir die eerste keer in twee jaar kan daar weer fees in die vlees gevier word in die Weskus. Julle kan op 24 en 25 Junie lekker in die Weskusdorpie kom weglê aan heerlike snoek en patats.

Die toesighouersraad van die Goedverwacht-sendingstasie het ongelukkig nie die Feeskomitee toestemming gegee om die geleentheid in die dorp aan te bied nie, so vir die eerste keer in 22 jaar word die fees op ’n nuwe plek, Mont Piquet Farm, gehou. Dié plaas is geleë 3,5 km buite Goedverwacht. Mont Piquet, wat vanaf die Goedverwachtpad bereik word, is ’n tafeldruif- en sitrusplaas.

Hierdie fees wat in 2001 begin is, bring hulde aan die entrepreneursinisiatiewe van die gesoute boere van die dorp, ’n voormalige sendingstasie met ’n ryk geskiedenis en erfenis.

Aangesien baie van die sendingstasie se inwoners seisoensarbeiders was, was inkomste gedurende die wintermaande skaars. So het die plaasmense hul karre vol patats gemaak en die trek na Weskusdorpe gemaak om met die vissermanne handel te dryf vir lekker snoek. En so is die jarelange tradisie van die fees gebore.

bubblegum
Bubblegum & Boeta gaan die naweek optree by die Snoek en Patat-fees, foto’s verskaf

Uitsien

Die feeskomitee beloof dat hulle terug is met ’n bang en hier is van die dinge waarna jy en jou gesin kan uitsien as julle na die fees in die Weskus gaan:

  • Snoek, patat en konfyt
  • Live musiek
  • Kosstalletjies
  • Komedie
  • Plaaslike kuns
  • Rieldansers
  • Twee aande van DJ’s wat ons aan die dans hou!
  • Biertent en skemerkelkies.

Van die kunstenaars wat by die fees gaan optree, is: Afrikaans Ruk, The Young Visitors, Bliksemstraal, Dave Goldberg Band, Simply Unique, Bubblegum & Boeta en DJ Saxie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
41% - 40 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
21% - 20 stemme
Eskom se push
31% - 30 stemme
Gee my krag, elke dag
6% - 6 stemme
Wat is load-shedding?
1% - 1 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees