VIA spog met nuwes

akkreditasie

VIA gaan in Junie met drie nuwe reekse spog.

Hier is die drie shows wat binnekort op die kassie gaan wees.

  • Outopsie

Ons kom agter die kap van die byl met die senior forensiese patoloog Hestelle van Staden. Elke week kyk sy na sake waar forensiese patologie ’n groot rol gespeel het.

Met die outopsieverslag in haar hand verduidelik sy stap-vir-stap wat tydens die outopsie plaasgevind het.

Kernrolspelers vertel ook eerstehands hul ervaring van die misdaadtoneel tot waar getuienis in die hof gelewer word.

Outopsie wys vanaf Donderdag 2 Junie om 20:00.

  • Agter Tralies

Oortreders vertel ons van die misdade wat hulle in die tronk laat beland het en hoe hulle hul lewens ná hul vrylating herbou het.

Dié stories en elf ander boeiende verhale oor moord, roof, dwelmhandel en prostitusie word in hierdie seisoen vertel.

Agter Tralies wys vanaf Donderdag 2 Junie om 20:30.

  • Besigheid op ’n Bord

Die program wys hoe kosmaak en entrepreneurskap hand-aan-hand gaan.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Amy Kleinhans-Curd soek ’n baas vir haar restaurant in Swellendam.

Besigheid op ’n Bord wys vanaf 7 Junie om 20:00.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees