Verken die Tuinroete

akkreditasie
Elders: Tuinroete skop Maandag 4 Julie op kykNET (DStv-kanaal 144) af.
Elders: Tuinroete skop Maandag 4 Julie op kykNET (DStv-kanaal 144) af.
verskaf

ELDERS is binnekort terug met ’n nuwe seisoen en sal die Klein-Karoo, Langkloof en Tuinroete verken.

Vir die vyfde seisoen van die Safta-bekroonde program Elders, het Erns Grundling en die kameraspan meer as 270 km gestap vanaf Uniondale tot Mosselbaai.

Elders: Tuinroete het 13 episodes wat Maandag 4 Julie om 20:00 afskop op kyk­NET (DStv-kanaal 144).

Erns, wat die reeks aanbied en ook een van die vervaardigers is, sê dit was wonderlik om weer in Suid-Afrika te kon stap.

“Die Pelgrimstog van Hoop, wat ek in die derde seisoen gestap het, het ’n nuwe roete deur die Klein-Karoo, Langkloof en Tuinroete.

“Die roete is baie jonk en is maar vir die eerste keer in Junie 2021 gestap.

Gaste

“Dit het egter, danksy die natuurskoon en wonderlike vennote se grenslose gasvryheid langs die roete, vinnig momentum gekry en is reeds ’n baie gewilde pelgrimstog.”

Soos in vorige Elders-reekse het verskeie gaste in van die episodes by Erns aangesluit.

“Erns sê hy wil nooit ’n gas nooi slegs omdat die persoon bekend is en hopelik meer kykers gaan lok nie.

“Dit is vir my belangrik om ’n verbintenis of bewondering vir ’n gas te hê.”

Van die gaste waarna kykers kan uitsien in die nuwe reeks is die akteur Frank Opperman, aanbieder Lyntjie Jaars, voormalige hoof van kykNET se Afrikaanse kanale Karen Meiring, en die voormalige openbare beskermer prof. Thuli Madonsela.

Wat anders is as met die vorige reekse, sê Erns: “In die vorige seisoen, Elders: Namibië, het ek behalwe vir enkele episodes te voet, ook wyd gereis met ’n Toyota Prado, wat ek ‘Die Woestynleeu’ gedoop het. In hierdie reeks is die fokus hoofsaaklik op stap en alles wat ek op die pelgrimstog en by die bestemmings beleef.

Inspireer

“Daar is wel ’n Toyota Land Cruiser 300, wat hierdie keer ‘Die Silwer Buffel’ heet, waarin ek van tyd tot tyd ry en wat ook die gaste vervoer.”

Erns voeg by as Elders kykers inspireer om self meer gereeld te gaan stap en weggesteekte juwele in ons land – en elders – te gaan verken en geniet, is sy werk gedoen.

“Soos ek dikwels sê: As ek dit kan doen, kan enige iemand!”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
40% - 40 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
20% - 20 stemme
Eskom se push
32% - 32 stemme
Gee my krag, elke dag
6% - 6 stemme
Wat is load-shedding?
1% - 1 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees