Uncle Waffles kap die regte beats

akkreditasie
SPIN: Uncle Waffles weet duidelik hoe om die regte beats te speel.
SPIN: Uncle Waffles weet duidelik hoe om die regte beats te speel.
Twitter

MZANSI se Uncle Waffles het ’n groot goal gescore toe die voormalige Manchester United speler Jesse Lingard die local DJ vra om by sy birthday party se speel.

Lingard het op Instagram ’n video gedeel waar Uncle Waffles in Amsterdam deejay.

Die sokkerster skryf daarby: “Het Uncle Waffles nodig by my birthday Fr Fr (for real, for real)”.

In reaksie op die post reageer Uncle Waffles ’n paar uur later in ’n repost met huil-emoji’s en die woorde: “yo, WHAT?”.

Drake

Dis nie die eerste keer dat die bekende DJ sulke internasionale erkenning kry nie.

Vroeër vanjaar het die rapper Drake óók ’n video van Uncle Waffles wat haar ding op die decks doen, gedeel.

Uncle Waffles kon toe nie haar opgewondenheid inhou nie en twiet: “Drake het my in sy story genoem”.

Uncle Waffles weet duidelik hoe om ’n beat te kap. Intussen is daar nog niks amptelik bekendgemaak of die DJ wel by daai paartie gaan speel nie. So, ons sal maar moet wag en sien.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees