
EEN van SA se sexyste DJ’s se booking fees het sosiale media omtrent aan die gons.
Die aktrise Thuli Phongolo, wat haarself as een van die land se warmste vroulike DJ’s gestol het, se naam was die afgelope tyd op almal se lippe.
Dít nadat sy daarvan beskuldig is dat sy ’n opgeneemde mixtape tydens ’n gig by groove gespeel het.
Nou is dit die DJ se besprekingsfooi wat almal laat praat.
Luidens ’n plakkaat, wat op sosiale media die ronde doen, vra dié stunner R20 000 per uur.
Op die plakkaat staan haar vlugte moet met SAA of British Airways wees en sy moet besigheidsklas vlieg. Dít terwyl haar bestuurder ook besigheidsklas moet vlieg.
Sy vra ook dat daar vervoer beskikbaar moet wees sodra sy land en dat sy ook terug na die lughawe vervoer moet word.
En verblyf moet streng ’n hotel wees en dit moet ook vyfster wees, of course.
Sommige twieps is nie happy met haar besprekingsfooi nie, omdat hulle mean sy sal miskien weer ’n mixtape speel.
ZAlebs berig Thuli is onlangs daarvan beskuldig dat sy gigs gekry het omdat sy romanties by DJ Maphorisa betrokke was.
Die twee het ’n paar maande gelede gerugte laat ontstaan nadat ’n video van hulle wat supercosy saam lyk, viral in die sosiale media gegaan het.
Thuli het bewerings dat hulle uitgaan, ontken.