Trever Noah groet sy geliefde Gogo

akkreditasie
Trevor Noah se geliefde ouma, Frances Noah, is rustig in haar slaap oorlede.
Trevor Noah se geliefde ouma, Frances Noah, is rustig in haar slaap oorlede.
Verskaf

DIE bekroonde Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah het sy geliefde ouma aan die dood afgestaan.

“Vanoggend het ons familie die oudste lid van ons stam, Frances Noah, ter ruste gelê, of soos die meeste van ons na haar verwys het, Gogo,” het hy geskryf.

Trevor se ouma is op die ouderdom van 95 oorlede.

Trevor sê elke oomblik wat hy saam met sy ouma kon deurbring, was magical.

“My ouma is in 1927 gebore en al was sy 95 jaar oud, het sy steeds die beste herinnering van ons almal gehad. Elke oomblik wat saam met haar deurgebring is, het gevoel soos ’n magical reis deur tyd waar sy al die familie se grootste vreugdes, verliese sou vertel.”

Haar huis in Soweto was volgens Trevor nie net ’n huis nie, maar ’n toevlugsoord vir baie.

“Dit is ’n plek waarheen ander vroue sou kom wanneer hulle geen ander heenkome het nie, ’n plek waar lede van die gemeenskap elke week bymekaar sou kom om saam te bid, ’n plek waar almal gewaarborg was om die liefde uit haar magtige bors te voel."

Die gasheer van The Daily Show het almal bedank vir die boodskappe van simpatie wat hulle na hom gestuur het.

“Ek het die hele week gehuil om die grootste “movie” te vier wat ek nog ooit gekyk het. ’n Storie wat begin het met my eerste asemteug en geëindig met haar laaste. ’n Vrou wat my die egste definisie van onvoorwaardelike liefde gewys het.

"Sy is rustig in haar slaap oorlede en het ons selfs geseën met een laaste Moedersdag wat sy ten volle geniet het.Hamba Kahle Gogo,” het Trevor Noah op Instagram geskryf.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees