Travis Taute volg sy passie en het nog baie om te bied

akkreditasie

WANNEER hy skryf, dink hy aan wat hy wil kyk op 'n Vrydag of Saterdagaand.

Travis Taute, skrywer en regisseur van Suid-Afrika se jongste aksiefliek, Indemnity, sê hy vervaardig konsepte waarvan hy hou.

Die jong man oorspronklik van Belgravia road, Athlone, beskryf homself as 'n filmmaker met 'n groot belangstelling om unieke Suid-Afrikaanse stories te vertel.

Travis was maar nog altyd lief vir movies maak. Sy eerste play was toe hy op laerskool was.

"Dit was 'n 90's komedie Can Hardly Wait, oor 'n groep hoërskoolleerders by 'n partytjie en alles speel daar af."

Voor sy lewe as filmmaker was hy 'n professionele swemmer, wat gedroom het van die Olimpiese Spele met die doel om in 2004 by die Beijing Spele te wees. 'n Motorfietsongeluk het dit egter kortgeknip.

"Ek dink dit was divine intervention. Ek het begin sien hoe ander jongmense uit gaan en begin dink is dit nog wat ek wil doen."

Hy het ná skool 'n gap jaar gevat en dis toe hy kennis maak met 'n filmskool, en was met die intrapslag verlief.

Travis was op varsity saam met drie van sy sakevennote en in die begin jare van hul nou suksesvolle besigheid, was dit maar 'touch and go'. Hulle het eers met klein projekte begin, maar dis ná Nommer37 as kortfilm by die 2014 Silwerskermfees was, dat dinge vir hulle begin het.

travis taute
Daar is ’n plek vir jou in die wêreld, vat jou plek en weet jou drome is valid, sê Travis.

Travis bieg hy het nog baie van die plays wat hy as skoollaaitie geskryf het. “Dis by my ouerhuis en elke keer as ek gaan kuier vra my pa of ek dit gaan weggee of weggooi.

"Ja, ek het al na van dit gekyk en myself gevra wat het ek geskryf, maar ook al gesê wow dit het ek geskryf," erken hy.

Hy noem dat mens skryf maar uit 'n plek van ervaring.

"Selfs al het jy dit nie geleef nie, want jou gehoor is slim en mense kan sien en voel as iets nie genuine is nie.”

Volwasse

Dit het 10 jaar geneem vir Indemnity om die lig te sien.

Travis verduidelik: "Een van die groot redes is finansies, maar ek glo alles gebeur vir 'n rede. Toe ek dit begin skryf het was dit 'n ander weergawe as die eindproduk.

"Sou ons die movie vroeër maak weet ek nie of ek volwasse genoeg was om die emosionele gewig wat in die movie aangeraak word te kon dra nie."

Travis se ouers is albei onderwysers en hy noem dat hulle vir hom en sy suster baie ondersteunend is.

"As swemmer is dit hulle wat my 05:00 in die oggend vir oefening gevat het. Tog was die filmskool gesprek nie 'n maklike een nie.

"Hulle was onkant gevang, maar weet ook ek is hardkoppig en as jy my sê gaan regs dan gaan ek links net om 'n punt te bewys."

Tans werk hy aan onder meer seisoen 3 van Blood & Water, waar hy die regisseur is. Hy werk ook aan nog 'n Netflix-projek, maar mag nog niks verklap nie. Travis was wel bereid om vir Son te noem dit is 'n misdaadriller.

indemnity
Van die crew van Indemnity op die bloutapyt.

Hy beplan om ook 'n break te vat om aan sy volgende movie te begin skryf.

"Die bedryf vereis taaiheid en jy moet aanhou maniere soek om lief te wees vir wat jy doen. Dinge vat lank, maar dit is belangrik om te droom en nooit te voel jy kan dit nie bereik nie."

Sy boodskap aan die jeug is; hou aan klop en werk aan jou talent.

"Daar is 'n plek vir jou in die wêreld, vat jou plek en weet jou drome is valid."

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees