Trans-dogter soek Elon nie

akkreditasie
Elon Musk se dogter het ’n petisie ingedien om nie meer verwant aan hom te wees nie.
Elon Musk se dogter het ’n petisie ingedien om nie meer verwant aan hom te wees nie.
Gallo Images

DIE transgender-dogter van die rykste man ter wêreld wil niks met haar derra te doen hê nie.

Elon Musk se kind Xavier Alexander Musk — een van ’n tweeling — sê sy wil nie aan hom verwant wees nie. Daarom het sy aansoek gedoen om haar naam en geslag te verander.

“Ek woon nie meer saam met my biologiese pa nie en wil nie aan hom verwant wees nie,” het Elon se dogter in ’n hofdokument gesê.

Sy het die aansoek by die Los Angeles County-hooggeregshof ingedien kort ná haar 18de verjaardag.

Sy wil haar naam wettig verander na Vivian Jenna Wilson (die nooiensvan van haar ma, Justine Wilson).

Sy soek ook erkenning van haar geslag as vroulik. Sy wil ’n nuwe geboortesertifikaat hê wat hierdie veranderinge weerspieël.

Ondersteun

Dit is duidelik dat haar derra se politieke opinie en sy idee oor transgender-identiteit haar warm onder die kraag het.

In Mei, sowat ’n maand nadat die naam- en geslagsveranderingsdokument ingedien is, het Musk sy steun aan die Republikeinse Party verklaar, wie se verkose verteenwoordigers ’n reeks wetgewing ondersteun wat transgender-regte sal beperk.

Musk het in 2022 ook sy sê gesê oor die kwessie van transgender-mense wat hulle voorkeur-voornaamwoorde kies. Hy het toe getwiet: “Ek ondersteun trans absoluut, maar al hierdie voor­naam­woorde is ’n estetiese nagmerrie.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees