Talentkompetisie weer aan die gang

akkreditasie
soek talent: Sydwell Beziek, besturende direkteur van Global Spotlight Talent Search, en die 2019-wenner van die kompetisie, Nicole van Niekerk.      foto verskaf
soek talent: Sydwell Beziek, besturende direkteur van Global Spotlight Talent Search, en die 2019-wenner van die kompetisie, Nicole van Niekerk. foto verskaf

DIE jaarlikse talentkompetisie Global Spotlight Talent Search is nege jaar gelede begin om ’n platform vir opkomende plaaslike musikante en akteurs te skep.

Tema

Die doel is om musikante en akteurs blootstelling te gee in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Dit bied ook tributes aan kunstenaars en individue vir uitstaande werk in hulle gemeenskappe.

Sydwell Beziek, besturende direkteur van Global Spotlight Talent Search, sê: “Twee jaar ná die Covid-19-pandemie is ons weer reg om kompetisies in die Drakenstein-area te hou.

“Die tema is ‘Make the impossible possible’.

“Die tyd is nou hier om met die aanlyn ­oudisies te begin om te wys wat in jou steek.”

Van 1 Junie tot 30 Junie kan akteurs en sangers ’n video clip van een minuut instuur na 071 404 5169.

Kategorieë is solo- of groepsangers, single-akteurs of duet-akteurs.

Akteurs kan enigiets soos ’n uittreksel uit ’n drama opvoer, of ’n gedig of monoloog voordra. Groepe sangers of solo-sangers kan weer hul sangtalent afshow.

Finaliste

Die ouderdomsgroepe is 15 tot 25 jaar, en 25 jaar en ouer.

Pryse wat gewen kan word, is die Overall Winner-kontantprys van R10 000, en topdrie- en toptien-finaliste sal koopbewyse van tot R15 000 ontvang.

Buiten die pryse gaan die wenners ook die geleentheid kry om in shows op te tree.

Hulle sal ook saam met professionals in die musiekbedryf in mentorship-programme werk.

Vir meer inligting, kontak Sydwell Beziek gerus by 071 404 5169 of email soulopro6@gmail.com.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees