Supernatural reeks dán op Netflix

akkreditasie
Ayanda gebruik haar superpowers teen haar vyande.
Ayanda gebruik haar superpowers teen haar vyande.
verskaf

ONS gaan binnekort bederf word met ’n nuwe reeks oor die mistieke en bonatuurlike.

Netflix het die uitreiking van sy komende drama The Brave Ones Dinsdag bekend gemaak. Dié reeks word op 16 September bekend gestel.

The Brave Ones is deur die filmregisseur, skrywer en akteur Akin Omotoso geskep. Dié boeiende reeks van ses episodes wys parallelle wêrelde van hedendaagse Suid-Afrika en die bonatuurlike wêreld van Afrika-gode en goddelike wesens.

Ntsiki Gasa (Sthandile Nkosi) is ’n mistieke wese wat gereïnkarneer word as ’n mens wat haar suster se dood wil wreek. Ntsiki word egter in Ayanda Mbatha (Nomalanga Nkosi) deur ’n magtige en vasbeslote vyand in die gesig gestaar.

Nomalanga Nkosi
Nomalanga Nkosi speel Ayanda Mbatha.

Verwag

Sy is die genadelose vrou van ’n ewe hartelose grondrowende eiendomsontwikkelaar, Luthando Mbatha (Tony Kgoroge). Sy’t haar eie redes om The Brave Ones se magte uit te buit. Om haar vyande te verslaan en haar gesin te red, moet Ntsiki leer om haar superpowers in te span.

Die akteurs Bonko Khoza, Zamani Mbatha, Pheello Kotelo en Sthandiwe Kgoroge blaas lewe in die uiteenlopende en dramatiese karakters in The Brave Ones. Die legendariese Yule Masiteng is die alwetende elder, Ndyebo.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees