‘Songwriters, hier’s ’n kans’

akkreditasie
Bryson Appels moedig liedjieskrywers aan om in skryf vir die Jakes Gerwel-stigting en Suidoosterfees se mentorskapprogram.
Bryson Appels moedig liedjieskrywers aan om in skryf vir die Jakes Gerwel-stigting en Suidoosterfees se mentorskapprogram.
Facebook

OPKOMENDE sangers en liedjieskrywers, hierdie is jou kans op ’n mentorskap van ’n leeftyd met bekende mentors, musikante, teatermakers, skrywers Frazer Barry van Tribal Echo en Zolani Mahola van Freshly Ground-faam.

Die Jakes Gerwel-stigting (JGF) en Suidoosterfees bied ’n mentorskapprogram van twee weke lank vir sangers en liedjieskrywers aan wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep.

Jy sal by JGF se Paulet-huis gehuisves word, die skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap. Alle uitgawes word ten volle gedek – van reis, verblyf, spyseniering tot onderrig.

Die mentorskapprogram vind tussen 12 – 26 September 2022 plaas.

Kandidate word uitgenooi om ten minste drie voorbeelde van hul komposisies, ’n kort motiveringsbrief en hul CV teen 15 Julie 2022 by theo@jgf.org.za in te dien.

Vanjaar word die multi-instrumentalis, hoofsanger vir Tribal Echo, TV-aanbieder, teatermaker en vervaardiger Frazer Barry vergesel deur sangeres, aktrise, storieverteller en inspirasie-spreker Zolani Mahola, a.k.a. The One Who Sings. Hulle gaan deelnemers oplei om nuwe, vars, edgy lirieke en liedjies te ontwikkel en te fine-tune.

In die Jakes Gerwel Foun-da­tion-programme help mentors nie net met die tegniese aspekte van skryf nie, maar hulle dra waardevolle kennis van die bedryf oor. Met hierdie mentorskap word groot klem ook op die skaaf van prestasie gelê.

Verhoog

Nadat hul liedjies in mentorskap gepoets is, sal die deelnemers die verhoog betree en in ’n produksie by die 2023 Suidoosterfees in Kaapstad optree.

Die kunstenaar Bryson Appels, van die klas van 2021 se liedjie- en liriekskrywers, moedig opkomende liedjieskrywers aan om die geleentheid aan te gryp.

“Dit is die beste ding wat met enige opkomende kunstenaar kan gebeur. As ek kon, sou ek dit oor en oor doen. ’n Mens se sak loop oor van alles wat jy daar leer.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees