‘Savage Beauty’ nou op Netflix te sien

akkreditasie
Savage Beauty is van vandag beskikbaar op Netflix.
Savage Beauty is van vandag beskikbaar op Netflix.
Netflix

DIE nuutste Afrika-reeks van Netflix, Savage Beauty, is van vandag af beskikbaar.

Die reeks gaan kykers na ’n wêreld van skoonheid, geheime en wraak lok.

Ons is die voorreg gegun om die reeks vooraf te binge watch.

Die reeks was so goed dat ons sommer alles in een dag gekyk het en sommer na ’n opvolg gesmag het.

Behalwe die super aantreklike ouens in die stuk en die stylvolle vroue, het die skrywers eerlik ’n goeie storielyn beet en dit translate beautifully op die skerm.

Die reeks is donker en soms wreed, maar dit sal jou beslis op die punt van jou stoel hou.

Savage Beauty is ’n storie oor Don en Grace Bhengu (gespeel deur die bekroonde akteurs Nthati Moshesh en Dumisani Mbebe) wat 15 jaar vantevore ’n gevaarlike produk getoets het op ’n groep kinders wat op straat woon.

Nou keer een van die twee oorlewendes, Zinhle Manzini (vertolk deur Rosemary Zimu), terug om wraak te neem op die familie.

Zinhle word die onsigbare krag wat familiegeheime blootlê wat die Bhengu’s op ’n pad van vernietiging lei.

Maar onskuldige mense kry ook langs die pad seer, terwyl Zinhle se eie duisternis dreig om haar te verteer.

Zinhle moet besluit of sy geregtigheid of pure, koue wraak wil hê.

Grace en Don Bhengu, wat hul skoonheidsryk en familie met ’n ystervuis regeer, word toenemend genadeloos soos hulle probeer om ’n vyand te ontmasker wat hulle lewenstaak tot as vernietig wil sien.

Van Suid-Afrika se bekwaamste akteurs soos Terry Pheto, Sarah Langa, Trevor Stuurman, Loyiso Gola, Thando Hopa, Kefilwe Mabote en Lasizwe kan gesien word.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees